English |  Afrikaans |    
  


Vividus Mans
Tuisblad
Meer Oor Ons
Prestasies
Sluit aan
Huiskomitee 2013
Wat ons bied
Kontak ons
Galery
Bankbesonderhede
Nuus
Terug na Daghuise



Fakulteite


Akademiese departemente


Eenhede & Sentrums


Steundienste



 



Gedurende 2003 het Vividus vanuit die studente vereniging Genesis ontstaan. Die doel met die totstandkoming van die nuwe Daghuis was eerstens om lede die geleentheid te bied om deel te neem in alle areas waarin studente wat in amptelike Tuks koshuise woonagtig was, kon deelneem en tweedens  om ‘n breër uitkyk aan te neem ten opsigte van die beperkings wat Tuks op studentelewe geplaas het.

Vividus is afgelei van ‘n Latynse frase wat vol lewe of lewenslustig beteken. Hierdie frase het die ideale beskrywing van die huis en sy lede gevorm. Die huis het vinnig gegroei en binne sy eerste jaar het dit van 50 lede vanuit Genisis na ‘n diverse 250 lede gegroei. Dit het die huis ook toegelaat om binne sy stigtingsjaar van voorwaardelike Daghuis status na volle Daghuis status te beweeg.

‘n Paar jaar later, in 2005 het die huis na 800 geregistreerde lede gegroei, wat dit die grootste Daghuis op Tuks gemaak het. In 2006 het die huis 1000 lede bereik waarna die besluit geneem was om in Vividus Mans en Vividus Dames te verdeel. Die besluit is geneem om meer doeltreffend aan die spesifieke behoeftes van die lede te voldoen en om effektief by die evolusie van studentelewe op Tuks aan te pas. Vividus Mans het steeds die visie en missie van Genisis gevolg, maar het verkies om ‘n ander rigting in te slaan as Vividus Dames deur hulle waardes so aan te pas dat dit beter voorsiening maak vir die behoeftes en ontwikkeling van mans student aan die Universiteit van Pretoria.

Die begin van 2007 het dus die eerste Daghuis slegs vir mans gesien. Die fokus van die huis het verskuif om meer op eerste-jaars te fokus en die besluit was gemaak om ons eerstejaars Nergies te noem. Die term is van die Latynse woord Bonergus, wat “sons of thunder” beteken, afkomstig.

As ‘n mans daghuis het Vividus Mans ‘n hele nuwe veld betree waar hulle vir die eerste keer as aparte entiteit aan die mans ligas kon deelneem. Dit was nie lank voor die Vividus leuse vol lewe bewys was nie en kort na toetrede tot die mans ligas, domineer Vividus op kulturele- sowel as sport vlak. Dit het ‘n huis geword waarmee rekening gehou moes word.

Vandag, amper ‘n dekade later, streef Vividus Mans steeds om die evolusie van sy lede van skool seuns tot goed aangepaste en afgeronde mans wat oor die vermoë beskik om die kern waardes waarop Vividus gevestig is in ‘n moderne en konstante veranderende samelewing uit te leef, te fasiliteer.
 

 

 

Bookmark this page: