English |  Afrikaans |    
  


Onderstepoort Veterinêre en Para-veterinêre Studenteraad (OPVSR)
Tuisblad
OPVSC
Akademies
Klubs en Verenigings
Onderstepoort Sport
Onderstepoort RAG
Huis Onderstepoort
OP News
Books for Africa
OPVSC Community Engagement
SYMCO
Adoptions
I Want to Be a Vet Weekend
Onderstepoort Sosiale Gebeure
Onderstepoort News and Events
Photo Gallery



Fakulteite


Akademiese departemente


Eenhede & Sentrums


Steundienste



 
 

Die OPVSR-komitee vir 2012-2013


Welkom op die eiland in die noorde! Ons hoop dat u tydens u verblyf hier groter wysheid en ’n sterk karakter sal ontwikkel. Ons is die huidige OPVSR-komitee en ons is almal gereed om u vrae beantwoord of te luister na wat u te sê het.




 

Dr CroleBeskermer

E-pos:
martina.crole@up.ac.za

Dr Crole is ’n senior dosent in die Departement Anatomie en Fisiologie. Sy het haar graad in Veeartsenykunde in 2006 behaal en is sedert 2007 ’n dosent in Veterinêre Anatomie. Sy het haar MSc-graad in 2009 verwerf en is tans besig met ’n PhD. Benewens navorsing stel sy hoofsaaklik in onderrig belang en sy bestee baie tyd aan die ontwikkeling van leersteunmiddels en -materiale vir studente. Ten einde haar onderrigvaardighede te verbeter, het dr Crole in 2010 ’n Nagraadse Sertifikaat in Hoër Onderwys (NGSHO) voltooi. As beskermer van die OPVSR wil dr Crole graag ’n positiewe invloed op studente-aktiwiteite binne die Fakulteit hê en hoop sy om die komitee in die bereiking van sy doelstellings te lei en te ondersteun.

Devin StuartPresident

E-pos: 
deviducks@gmail.com


Devin was die voorsitter van die vorige komitee en sal weer eens as president van die huidige komitee dien. Hy sal uithelp wanneer die OPVSR ekstra hulp of advies benodig. Hy is tans besig met sy finale kliniese rotasiejaar.

 

 

 Rushda KhanVoorsitter

E-pos: 
rushda.khan123@gmail.com

Rushda is die voorsitter van die OPVSR. Haar opdrag is om te verseker dat die komitee sy taak doeltreffend verrig en dat u lewe as student so ver moontlik vlot verloop. Dit is haar taak om enige probleme wat studente moontlik mag ervaar te probeer oplos en dit, indien nodig, na ’n hoër vlak te verwys. Sy is ook die skakel tussen OP en die hoofkampus. Rushda verteenwoordig die studente en is baie ontvanklik vir nuwe idees; dus moet u nie huiwer om met haar kontak te maak indien u enige navrae het of voorstelle wil maak oor hoe ons u tyd by OP nog merkwaardiger kan maak nie.

Abdur Rahmaan KadwaOndervoorsitter, Media en RAG

E-pos:
arkadwa@tuks.co.za


Abdur se rol in die OPVSR-komitee is om die voorsitter en ander lede van die komitee by te staan wanneer hulle hulp benodig. Daarbenewens hou hy die OPVSR-webblad in stand en werk dit gereeld by, en dien hy as die OPVSR se verteenwoordiger in die “RAG”-komitee. Abdur is tans besig met BVSc I (ou program) en hoop om in 2013 na BVSc II bevorder te word.

Janette James Sekretaresse/Gemeenskapsbetrokkenheid

E-pos:
girlchasingrabbits@gmail.com

Janette is tans besig met BVSc III (nuwe program) en as sekretaresse van die Komitee sorg sy dat die alledaagse kantoor- en komiteefunksies doeltreffend uitgevoer word. Sy is ook verantwoordelik vir die kampusuitgawe van “Loo News”. Vanjaar sal Carmen en Janette die altyd gewilde "I Want to be a Vet"-naweek reël waartydens leerders ’n voorsmakie kry van die lewe van ’n veeartsenykundestudent by OP. Bronwyn en Janette deel die Gemeenskapsbetrokkenheidsportefeulje. Gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte is van besondere belang vir veeartse en maak ’n belangrike deel van die lewe by OP uit. Vanjaar beplan hulle om bewustheid van die huidige projekte en studentebetrokkenheid te verhoog en nuwe projekte by te voeg. Enkele opwindende idees word tans ontwikkel. Vind gerus meer daaroor uit en kyk by watter projekte u betrokke kan raak.

Carmen Player Tesourier

E-pos:
playercarmen@gmail.com

Carmen is verantwoordelik vir die Komitee se finansies en begroting. Daarbenewens help sy ook om borgskappe te verkry en word sy in dié taak deur ander komiteelede bygestaan. Sy is tans besig met die derde studiejaar van die nuwe veterinêre program. Carmen en Janette sal die 2013 in beheer wees van die "I Want to be a Vet"-naweek vir leerders.

Lizahn HenningSosiale Lewe en Kultuur

E-pos:
lizahnh@yahoo.com

Lizahn Henning is tans besig met BVSc II (ou program). Sy is die OPVSR se lid vir Sosiale Lewe en Kultuur vir 2013. Dit is Lizahn se taak om die OP-tradisies lewend te hou en terselfdertyd ’n paar nuwe geleenthede bekend te stel om vir die regte balans by OP te sorg. Sy moet die studente daaraan herinner dat daar lewe na die studiejare is en sal ’n onvergeetlike sosiale en kulturele ervaring by Onderstepoort verseker.

Bronwyn OrfordKlubs en verenigings: Gemeenskapsbetrokkenheid


E-pos:
bronwyn.orford@gmail.com

Bronwyn is verantwoordelik vir die registrasie en behoorlike funksionering van die talle opwindende klubs en verenigings by OP. Die doel van hierdie klubs en verenigings is om u studiebelewenis by OP te verryk. Sy sal aan u al die inligting oor klubs en verenigings verskaf en u kan verseker wees dat daar iets is om elkeen te pas.

Bronwyn sal ook verantwoordelik wees vir die splinternuwe Gemeenskapsbetrokkenheid-portefeulje, wat daarop toegespits gaan wees om die Veterinêre Gemeenskapsklinieke  toeganklik te maak sodat enigeen hulle gereeld kan besoek. Dié klinieke maak dit moontlik om veterinêre gesondheidsorg aan te bied in gemeenskappe waar dit benodig word en verskaf bowendien aan ons hardwerkende studente ’n uitstekende geleentheid om praktiese ondervinding op te doen. Bronwyn sal ook betrokke wees by groepe studente wat saamwerk om na ander gemeenskappe uit te reik om die verpligte gemeenskapsprojekte saam met leerders aan te pak.

Bronwyn is ’n besonder vriendelike mens, is ontvanklik vir nuwe idees en sal enige vrae beantwoord. Kontak haar gerus, want sy wil graag help om jou belewenis van studie by OP onvergeetlik te maak.

Bevin MeyerAkademie

E-pos:
bevin@meshmedia.co.za 

As akademiese verteenwoordiger verseker Bevin doeltreffende kommunikasie tussen personeel en studente en sorg sy dat probleme bespreek, menings gelug en oplossings gevind word. Op die oomblik is haar belangrikste taak om te help met die ontwikkeling van die nuwe BVSc-kurrikulum en te verseker dat die graad aanvaarbaar is vir studente en topgehalte veeartse sal lewer. Bevin se besluit om ’n veearts te word, het voortgespruit uit haar passie vir die welsyn van diere. Sy is ’n derdejaarstudent in Veeartsenykunde en sal ’n lid wees van die eerste groep wat die nuwe BVSc-program voltooi.

Tahiyya ShaikHK-voorsitter

E-pos:
tibzshaik@gmail.com


Tibz is die voorsitter van die HK en verteenwoordig dié liggaam in die OPVSR. Sy is die skakel tussen die twee komitees en verskaf waardevolle insette oor OPVSR- en HK-verwante probleme. Tibz se leuse is: “Onderstepoort is een groot familie”, en sy beplan om dagstudente te laat voel dat hulle deel is van die Onderstepoortkoshuise. Enige aangeleenthede in verband met enige OP-koshuise of die OPVSR kan met haar bespreek word. Sy is tans besig met BVSc III (ou program).

Ashleigh Lord Sportverteenwoordiger

E-pos:
ashleighlord@gmail.com

Ashleigh is die Huiskomitee se sportverteenwoordiger. Sy glo vas dat deelname aan sport noodsaaklik is vir ’n gesonde en gebalanseerde lewe en wil almal aanmoedig om betrokke te raak by die baie sportsoorte wat by OP beoefen word. OP het ’n uitstekende sportrekord en haar rugby-, hokkie-, netbal- en sokkerspanne oorheers in die ligas. Ná ure voor die boeke bied deelname aan sport in die namiddag die ideale ontspanning – en ’n wonderlike geleentheid om nog ’n paar gawe mense te ontmoet.

 

OPVSC Teambuilding Camp


Bookmark this page: