Die Rotsklimklub is ’n baie aktiewe deel van OP se buitekurrikulêre landskap. Ons het twee weeklikse muurklim-opleidingsessies, maar ons lede stel hoofsaaklik belang in die uitstappies. Wanneer ons ook al kan vaar ons die wêreld daarbuite in en hou etlike naweek-klimkampe wat oor die jaar versprei is. Rotsklim is ’n ideale studentesport en bied ’n geestelike en fisiese uitdaging sowel as ’n geleentheid om die land te verken.
Ons onderneem ook uitvaarte van groter formaat na Boven in Mpumalanga, asook mindere uitstappies na Harrismith, Umgeni-vallei en die Wit-Umfolozikloof in Natal. Soms besoek ons die Barn-Klimgim in Pretoria-Oos waar daar lekker oefenroetes is en toerusting by die winkel te koop is.


Vir meer inligting, kontak Allen Still (Voorsitter): 082 575 3929 of allendavidstill@gmail.com
|