TuksVillage
Gevestig in 2008
1. Wat is die aard van die koshuis?
- Dit is 'n akademiese koshuis, hoofsaaklik vir studente wat ernstig is oor hulle studies en verkies om in 'n kommune tipe omgewing te bly.
- Aktiwiteite is anders gestruktureerd as in tradisionele koshuise.
- Dit is 'n gemengde koshuis (mans en dames) wat voorgraadse sowel as nagraadse studente huisves, maar geen getroude studente nie.
- Studente kan self kos voorberei.
- Groen kampus: hierdie is die enigste koshuis wat 'deelneem aan 'n aktiewe herwinningsprogram.
2. Is dit my tipe koshuis?
As jy 'n ernstige akademiese student is wat sy eie ding wil doen en nie noodwendig wil deelneem aan tradisionele georganiseerde sport, kultuur en ander formele aktiwiteite nie, is die koshuis vir jou.
TuksVillage neem nie deel aan jool en eerstejaarsaktiwiteite soos ienkmelodienk en eerstejaarskonserte nie.
3. Wat kan ek verwag?
Die koshuis bestaan uit 10 aparte blokke, elk met 4 vloere en twee eenhede per vloer. Elke eenheid het 8 enkelkamers en 'n gemeenskaplike badkamer en toilette asook 'n kombuis en leefarea. Jy het dus jou eie kamer maar deel met 7 ander studente 'n badkamer en kombuis.
4. Watter fasiliteite is beskikbaar?
- Enkelkamers met blindings.
- Gemeenskaplike badkamer vir 8 kamers.
- IT mini-lab.
- Ontspanningsaal in die Villagesentrum.
- Wassery
- Mini-mark konsep wat ook die ete van dag verskaf. Studente kan gevriesde en rou produkte koop en self kos voorberei. Alles word met die studentekaart gekoop
- Kombuis vir 8 kamers met 'n yskas, stoof en mikrogolf
- Eetkamer vir die 8 kamers.
- Toegangsbeheer.
- Beperkte netwerktoegang in kamers.
- Gratis busdiens na Hatfieldkampus.
- Ons het 5 toegeruste kamers vir gestremde studente.
5. Bestuur
- Die koshuis word bestuur deur twee koshuishoofde en 'n Studente Bestuursraad
- Al die reëls en regulasies vir Universiteitskoshuise is van toepassing op die koshuis, alhoewel sommiges aangepas is om die spesifieke behoeftes van die koshuis aan te spreek.
- Dit is 'n waarde gedrewe koshuis en studente word gerig deur 'n gedragskode.
- Verpligte eerstejaarsprogram
- Mentorprogram vir eerstejaarstudente
6. Wie kan aansoek doen?
- Voornemende eerstejaarstudente.
- Senior studente.
- Nagraadse studente.
7. Waar doen ek aansoek?
- Aansoekvorms is beskikbaar by die Kliëntedienssentrum (KDS) of
- Per epos: csc@up.ac.za.
8. Wat is die kriteria?
- Akademie.
- Huidige geregistreerde studente: 50% gemiddeld.
- Voornemende studente: op akademiese grondslag van die graad 11 punte.
9. Kostes:
- Ongeveer 10% meer as die tradisionele koshuise.
|