English |  Afrikaans |    
  


Huis Nerina
Home
About Us
HK 2012/2013
First Years
Academics
Social
RAG
Sports
Culture
Spiritual
Virtual Tour
Residence homepage
Galleries



Faculties


Academic Departments


Units & Centres


Support Services



 


About NERINA

Norms and Values / Waardes en norme

 Nerina places great emphasis on our role as ladies in this modern society. We believe that we have the power to make a positive difference in the lives of our fellow sisters! Our values and standards are integrated into our being and we try to always do everything with style.

Nerina plaas groot klem op die rol wat ons as dames in ‘n moderne gemeenskap speel. Ons glo ons het die mag om ‘n positiewe verskil te maak in die lewens van ons mede-susters. Ons waardes en morele standaarde is geïntegreerd in ons wese. Nerina se leuse is: Altyd met ‘n tukkie styl, dit is ook die manier waarop ons as’t ware leef.
 

History of Nerina / Geskiedenis van Nerina

Nerina used to be a 3-in-one residence with a truly unique history. The first parts of our residence, was the Glaskas and Pastorie. They were built in the early forties to provide residence for upcoming male ministers. It was called Voortrekker until 1970 when the name was changed to Tambotie.

The University however, had a shortage in residential facilities for ladies and changed Tambotie, into the female residence, Tankontie. They also bought the Loreto Convent on the opposite side of the road (now the Klooster) and it soon became part of Tankotie.

On 6 May 1992, Dean Prof. Flip Smit inaugurated Tankotie with the new name of NERINA.  Today, fifteen years into the future, every NERINA lady is proud of her heritage and history.  Now that we are incorporated into one building we, along with all the other flowers on TUKS, wear our name with pride and confidence and strive every day to be the best that NERINA can be. NERINA is so much more than simply a room or a bed to sleep in at night - it is our home.

 Nerina, was in die verlede ‘n 3-in-1 koshuis met waarlik ‘n unieke geskeiedenis. Die eerste gedeeltes van ons koshuis (Glaskas en Pastorie), is in die veertigs gebou om tokkelokke te huisves. Dit het Voortrekker geheet tot die naam in 1970 verander is na Huis Tambotie. Die Universteit het egter gesien daar daar ‘n ernstige tekort aan verblyf vir dames is en Tambotie, verander na ‘n dameskoshuis, Tankotie. Hul het terselfdertyd die Loreto Convent oorkant die straat (‘n ware klooster), gekoop en deel gemaak van Tankotie.

Op 6 Mei 1993, het Dekaan Prof. Flip Smit Tankotie met ‘n nuwe naam, Nerina, gedoop. Nou vyftien jaar is ons geintegreer in een gebou, en is ons steeds trots op ons geskeidenis. Saam streef ons elke dag om net ons beste te gee vir Nerina. Nerina is meer as net ‘n kamer – dis ons tuiste.
 

Mascots / Gelukbringers

Tankotie’s mascot was Flo, the famous character from the Andy Capp cartoons and the slogan was ‘Kapit Flo’.  When our name changed, it was found appropriate to change the mascot and the slogan as well. 

NERINA’s mascot is a harlequin called Nika.  Nika the harlequin was a gift from Immanual van Tonder (student council representative of Nerina). Amelia Crause, an old-Tankotie lady, invented the logo.

A harlequin is a timeless symbol of femininity, spontaneity and happiness but also of seriousness. It is also represents boldness and attitude. She is someone who attracts people with her attitude. Every Nerina lady aspires to be like Nika, in harmony with our body and soul.

A life-sized Nika used to stand guard over her ladies in the Groot Vierkant (an area where first years stay), but unfortunately she fell and being a fragile creature she broke into a thousand pieces.  This day was most probably the darkest day Nerina has ever experienced! 

 Tankotie se gelukbringer was Flo, die bekende karakter van die Andy Capp strokiesprent. Toe ons naam verander het is daar gevoel dat ons gelukbringer ook moet verander.

Nerina se gelukbringer is ‘n harlekyn genaamd Nika. Nika die harlekyn was ‘n geskenk van Immanual van Tonder. Amelia Crause, ‘n oud-Tankotia dame, het die embleem ontwerp.

Die harlekyn is ‘n tydlose simbool van vroulikheid, spontaniteit, plesierigheid maar ook van erns. Nika is ook ‘n teken van dinamiesheid en oorspronklikheid!  Sy is iemand wat ander mense na haar toe aantrek met haar persoonlikheid.  Elke Nerina dame aspireer om soos Nika te wees: gebalanseerd en gesond in liggaam en gees.  ‘ALTYD MET ‘N TUKKIE STYL’

‘n Lewensgrootte Nika het vroeër jare op die balkon van die Groot Vierkant (gedeelte waar eerstejaars) bly gestaan, maar ongelukkig het sy een nag afgeval in ‘n storm en in duisende stukkies gebreek. Dit was moontlik een van die donkerste dae wat Nerina ooit beleef het.
 


The house song / Die huislied


In my hart leef die wense

 wat ek koester en bewaar

 dat ook jy sal ervaar

 wat Nerina aan my bring

 

Jongmenslewe kry sy deel

Aan geleentheid is hier veel

Dit is die huis waarin ek altyd glo

 

Koor:

Bring jou sorge en jou skete na my

Huis Nerina leef

Bou jou eie paradysie hier,

Hier kan jy glo aan kommerlose

Tukkie-dae

 

Summer evenings enchant

And spreads the love through our res

Can you hear, can you feel

How my heart is beating here?

This is home not for long

But the knowledge carries on

This is the house in which I put my trust

 Koor:

Bring jou sorge en jou skete na my

Huis Nerina leef

Bou jou eie paradysie hier,

Hier kan jy glo

Hier kan jy streef na bo

 

 

Bookmark this page: