Koshuislewe
Ons by Tuksdorp is altyd oop vir voorstelle en moedig inwoners aan om aan aktiwiteite deel te neem. Ons wil nie net heeltyd wen nie en dit gaan vir ons eerder oor die genot van die huislede; daarom word daar deelgeneem aan watter sport die huis ook al wil deelneem.
Kultuur beteken nie vir ons om 'n aandjie elke nou en dan te hou om mense te beïndruk nie – kultuur is ons lewe. Weens die diversitiet van ons inwoners is ons konstant in aanraking met verskillende kulture. Ons het ook 'n jaarlikse Internasionale Dag, waar almal wat wil hul land kan verteenwoordig. Dit is 'n wonderlike manier om eerstehandse inligting oor verskillende kulture te kry eerder as om op vooropgestelde idees staat te maak.
|