JOOLVLOT
Deur Malebo Kobe
Gelaai op 10 April 2012
Die joolvlot het die harte van die beoordelaars gewen
Die joolvlot wat die harte van die beoordelaars, sowel as die vele ander waarderende toeskouers gewen het, was pure kreatiewe genialiteit, met n goeie mengsel van indrukwekkende hidrolika daarby. Die foutlose ontwerp van die vlot, het in menige die innerlike kind wakker gemaak en teruggevoer na animasieprogramme soos Spongebob Squarepants, of om weer vir Buzz Lightyear te sien lanseer... Sommiges het sommer saamgedans met die speel van die immergroen ‘’I like to move It’’! Erika en Sonop het hulleself werklik oortref met die skep van ‘n wenvlot.
Taalversorger: Emily Vosloo
|
|
|