English |  Afrikaans |    
  


Erika
Tuisblad
Erika Huisbestuur
Erika Geskiedenis en tradisies
Erika Prestasies
Erika Reëls en regulasies
Erika Huis Komitee
Erika Gallerye
Erika Eerstejaars
Erika Nuus
Belangrike Skakels
Kontak ons
Koshuis-tuisblad



Fakulteite


Akademiese departemente


Eenhede & Sentrums


Steundienste



 

REËLS EN REGULASIES

Elke koshuis het sy eie Huisreëls waarop deur 'n absolute meerderheid van inwoners by die Huisvergadering besluit word. Huis Erika se tradisies het die toets van die tyd deurstaan.

Algemene Huisreëls

  • Erika-dames mag nie kaalvoet in die portaal verskyn nie.
  • Geen pantoffels of nagklere mag in die eetsaal of portaal gedra word nie.
  • 'n Erika-dame mag die Koshuis nie met nat hare verlaat nie.  
  • Eerstejaars mag nie mans in hul kamers ontvang nie en geen mans word toegelaat behalwe op oop aande nie.
  • Huisvergaderings is verpligtend vir ALLE inwoners.

Die Koshuis se Dissiplinêre Komitee mag die volgende boetes uitreik: 

  • 'n Boete van nie meer nie as R300 per aanklag, welke bedrag aangepas kan word deur die Universiteitsbestuur te eniger tyd.
  • 'n Student kan van meer as een oortreding aangekla word, in welke geval die boetes ophoop. 

Prosedures word op die volgende wyse ingestel:

  • Kla iemand aan by die HK-lid wat vir Dissipline verantwoordelik is, of by die Koshuishoof. 
  • Die Koshuishoof, Voorsitter//Primaria en die HK-lid wat vir Dissipline verantwoordelik is, sal alle aanklagte bespreek en besluit hoe die aanklag aangespreek gaan word.
  • Alle dissiplinêre verhore word gedokumenteer.
  • Daar bestaan geen aparte dissiplinêre regulasies vir eerstejaarstudente nie (reëls maak daarvoor voorsiening dat daar nie teenoor enige groep gediskrimineer kan word nie).
  • Wanneer 'n persoon beboet word tydens 'n verhoor, maar nie in staat is om die boete te betaal nie, mag die Dissiplinêre Komitee hulle met verpligte gemeeskapsdiens beboet, bv. om te werk in die Universiteit se biblioteek.

Regte van die aangeklaagde

  • Persone wat gedaag word om voor die Dissiplinêre Komitee te verskyn, het alle regte tot hul beskikking wat in die Studentehandves saamgevat is.
  • Die aangeklaagde is geregtig op bystand van 'n geregistreerde student aan die Universiteit van Pretoria wat 'n inwoner is van Huis Erika, vir hul voorbereiding en optrede by die saak voor die Dissiplinêre Komitee.
  • 'n Aangeklaagde word as skuldig beskou totdat die teendeel bewys is.  
 

HK 2012/2013


Semi's 2012/2013


Eerste Jaars 2013


Bookmark this page: