English |  Afrikaans |    
  


Fakulteit Ekonomiese & Bestuurswetenskappe
Tuisblad
Meer oor Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Kennisgewingbord
Departemente
Komitees
 - Etiek Komitee
 - Nagraadse Komitee
 - Navorsingskomitee
 - Die Beurskomitee
 - Onderwys en Leer Komitee
 - Adviesraad
Navorsing
Navorsings areas
NRF Rating in the Faculty
Internasionalisering
Eenhede & sentrums
Akademiese programme
Kort Kursusse
Gemeenskapsbetrokkenheid
Alumni
Nuus Argief
UPSpace
Fakulteitsbiblioteek
Studenteverenigings
Communiké Argief
Kontak ons



Fakulteite


Akademiese departemente


Eenhede & Sentrums


Steundienste



 

Adviesraad

Die Adviesraad van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is in 2005 gestig. Die doel van die Adviesraad is om raad aan die Fakulteit te bied rakende die opvoedkundige, navorsings- en gemeenskapsdiensprogramme van die deelnemende departemente. Hierdie raadgewing het die strategiese posisionering van die Fakulteit ten doel, asook die handhawing van die Fakulteit en deelnemende departemente se akademiese standaarde rakende kwaliteit en relevansie volgens die openbare en privaatsektor se verwagtinge.

Samestelling van die Adviesraad:

Die Adviesraad bestaan uit minstens tien genomineerde lede wat aktief in die openbare en privaatsektor werksaam is. Hierdie nominasies word deur die Fakulteit gemaak en deur die Viserektor goedgekeur.

2012 Adviesraadslede:

Dr Rashad Cassim                               

 

Hoof: Navorsingsdepartement, Suid-Afrikaanse Reserwebank

Mnr Russel Loubser              
  

 

Hoof-uitvoerende beampte (HUB) van die JSE

Dr Namane Magau
 

 

Direkteur van verskeie maatskappye

Dr Anna Mokgokong
 

 

Voorsitter van Community Investment Holdings

Mnr Freeman Nomvalo
 

 

Rekenmeester-generaal

Mnr Jeff van Rooyen
 

 

HUB van Uranus

Dr Johan van Zyl
 

 

HUB van Toyota

Dr Claudelle von Eck
 

 

HUB van IIASA

Prof Shirley Zinn

 

Groeps- en Menslikehulpbrondirekteur van Standard Bank SA: Globale visevoorsitter; Menslikehulpbronne

Adviesraad-vergaderings

Die Adviesraad vergader minstens twee maal per jaar. Die voorsitter kan tussentydse vergaderings skeduleer, sou enige raadslid dit versoek. ’n Kworum bestaan uit minstens drie genomineerde lede, die viserektor en die dekaan of hul aangewysde verteenwoordigers. Elke raadslid het een stem by vergaderings. Besluite word deur middel van die meerderheidstemme van die aanwesiges geneem. Sou die stemme staak, het die voorsitter die beslissende stem.

Funksies van die Adviesraad

Die Adviesraad oorweeg en gee raad oor:

· die strategiese planne en huidige inisiatiewe van die Fakulteit;

· die prestasie van die Fakulteit; en

· enige ander saak waaroor die Fakulteit raad wil inwin.
 

 

Bookmark this page: