English |  Afrikaans |    
  


Sonoptehuis
Home
More about Sonop
Residence Life
Rules and Regualtions
Galleries
Residence homepage
Contact Sonop
Sonop News
Old Sonoppers Union



Faculties


Academic Departments


Units & Centres


Support Services



 

Die leë Noordepad getuig van die studente wat almal met vakansie is.

By Tonie Viljoen

Posted on 08 December 2011

Die leë Noordepad
Die leë Noordepad

Op Maandag 5 Desember 2011 – die laaste dag van Tukkies se hereksamens – het die laaste paar vasbyter-studente die koshuisgronde ingekom met die lied van Hugo Gutsche, die predikant wat 1904 die gemeentebediening vaarwel toegeroep het en onderwys gaan gee het, in die hart:Al die eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-dai ! Nou begin die pret voorwaar, joe-gai-die, joe-gai-dai !

Dat die studente reeds die pret geniet, is duidelik sigbaar as jy by die bekende Noordehek van Sonop verbystap en géén studentemotor in die gewoonlik oorvol geparkeerde Noordepad sien nie.

Dié stil Noordepad is egter misleidend vir verbygangers. In die kantore en op die terrein word daar nog tot op 22 Desember 2011 gewoel en gewerskaf:

  • die laaste 2012 eerstejaarsaansoeke word verwerk
  • die laaste uitstaande 2011 losiesgeld word verhaal
  • die 2011 akademiese verslae om te bepaal watter 2011 inwoners in 2012 mag terugkeer, word gefinaliseer
  • ‘n nuwe webblad (gekoppel aan die huidige een) wat meer op die oud-Sonoppers en die Sonop 2011-2016 Restourasieprojek sal fokus, word ontwerp
  • die eerstejaarskamers vir 2012 word gereed gemaak vir die nuwe Ienks
  • ‘n bykomende stoorkamer vir die nonnies word in die kombuis ingerig
  • van die ou leiklip voetpaadjies in die Noorde word herstel
  • by die Noordehek word mooi blombakke gebou

Om Sonop is daar ook dinge aan die gebeur deurdat nuwe bure hulle intrek geneem het:

  • Murraystraat 71 (direk wes van die tennisbaan) is onlangs aangekoop deur die Komati Foundation Women Development - which specifically deals with the empowerment of the women en their families. The vision is to empower girls and women with life skills.
  • Murraystraat 78 (regoor die tennisbaan) is vanaf 1 Desember 2011 die eiendom van Soul Place waar kunsklasse van vroeg 2012 aangebied sal word. ‘n Paar studente sal ook daar inwoon.

Oud-Sonoppers van buite Pretoria wat dalk in die vakansietyd ‘n draai in die Jakarandastad kom maak, is welkom om in dié “stil” tyd te kom inloer, ‘n koffie te kom drink en die argief te besoek.

Die Sonopraad en al die personeel wens elke besoeker op die webblad ‘n geseënde Christusfees toe.



Bookmark this page:

 

Gallery Sonop


Drommedaris 2011


Sonop Rag


Bookmark this page: