Regshuis dien as 'n platform waar studente aan 'n verskeidenheid aktiwiteite kan deelneem.
Ons almal weet dat slegs akademie nie voldoende is nie - ons moet ook goed gebalanseerde individue wees. Regshuis bied studente-aktiwiteite aan soos akademiese ondersteuning, sokker, rugby, dinees, sosiale geleenthede, gemeenskapsuitreike ens. Hierdie aktiwiteite bied studente die geleentheid om aktief betrokke te raak by die Fakulteit, mede-studente te ontmoet en baie pret te hê.
Ons nooi jou uit om deel te word van Regshuis en jouself ten volle te kom ontgin en geniet!

|