English |  Afrikaans |    
  


Jakarandia Fakulteitshuis
Tuisblad
Meer oor Jakarandia Fakulteitshuis
Nuus in Jakarandia Fakulteitshuis
Ontmoet die Huis Kommitee
Wat gebeur volgende?
1ste Jaars
Akademie
Gemeenskapsdiens
Kuiers
JOOL
Kultuur
Sport
Foto Gallery
Kontak ons
Bank besonderhede
Terug na Opvoedkunde tuisblad



Fakulteite


Akademiese departemente


Eenhede & Sentrums


Steundienste



 

Welkom by Jakarandia, Fakulteitshuis van Opvoedkunde

Jakarandia is die Fakulteitshuis van Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. Ons plig as ‘n Fakulteitshuis is om alle studente wat in die veld van opvoedkunde studeer akademiese ondersteuning te bied om te verseker dat hulle alle doelwitte wat aan hulle gestel word suksesvol sal bereik. Nie net bied ons die studente ondersteuning nie maar gee hulle ook die geleentheid om talle onvergeetlike tye te ervaar tydens hulle studentelewe.
Jakarandia bied jou die geleentheid om deel te neem aan sport, akademie, kultuur en sosiale aktiwiteite op universiteitsvlak. Jy bou verhoudings met mense wat by jou sy sal staan deur dik en dun. Dit is jou tyd! Studentelewe vlieg so vinnig verby en voor jy dit besef is dit klaar. Maak die meeste van hierdie geleentheid en raak betrokke.

 

Nuus

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods. Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
 
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
[Lees Meer]
 
Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies - 20/05/2013
‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’
[Lees Meer]
 
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
[Lees Meer]
 
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
 
Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika - 14/05/2013
Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.
[Lees Meer]
 




 

Sport


Eerstejaars


Jaarlikse dinee 2011


Fakulteitskamp 2011


Bookmark this page: