Meer oor Asterhof 
Asterhof is in 1925 gebou en die eerste trouvrouens het in September 1926 ingetrek. Destyds bekend as "Die Fant", maar vandag bekend as die oudste dames koshuis op Tuks en huis van die trouvrouens. In 1957 is ‘n tweede dames koshuis, Asterhof, gebou en vernoem na die Asterblom. ‘n Paar jaar later het "Die Fant" en Asterhof een geword en die gebou "Die Fant " is hernoem na "Vergeet-My-Nie" (VMN) en Asterhof is genoem "hoofgebou" . In 2008 is die "hoofgebou" ontruim om opgradering te ondergaan. In 2012 het die nuwe huisouers die "hoofgebou" se naam verander na Forever Yours.

Hoof gebou en Vergeet-my-nie
Asterhof huisves oor die 300 dames wat omtrent gelykop verdeel is tussen VMN en Forever Yours. Al die eerstejaars het dubbel kamers. Al die semis en seniors het enkel kamers behalwe 10. VMN het ook twee parapleeg kamers.
VMN bestaan uit twee vlakke met die volgende gange:
• Fiesta is onder en Oppie-Ooste bo in die Ooste Vleuel.
• Genot-Grot is onder en Up & Down bo in die Weste.
• Eetsaalgang is onder in die middel.
• Gat is onder en Fools is bo aan die Suide kant.
• Stompies is tussen Fools en Oppie-Ooste op die tweede vlak.

Vergeet-my-nie
Hoofgebou het hermodellering van R10 miljoen in 2008 ondergaan. Dit het 6 maande geduur en dit lyk fantasties.
Hoofgebou bestaan uit 7vlakke:
• Vlak 1- Grondvloer
• Vlak 2- Double- Trouble
• Vlak 3- Rebally Valley
• Vlak 4- Fourways
• Vlak 5- Five star
• Vlak 6- Six pence
• Vlak 7- Penthouse
|