|

Universiteit van Pretoria: kaarte en aanwysings
 |
Kampuskaarte
Besoek die kaarte en aanwysings van elke kampus. Maak gerus gebruik van die skakelsin die regterkantste kolom.
|
|
|
 |
Verblyf
Die hotelle en gastehuise, is beskikbaar aan die regterkantste kolom. Die Universiteit van Pretoria het egter geen verbintenis met die hotelle of gastehuise nie, en kan nie instaan vir die gehalte van hierdie instellings se diens of fasiliteite nie.
|
|
|
 |
Lughawe - OR Tambo Internasionaal
Maak asseblief van die skakel, wat in die regterkantste kolom verskyn, "Aanwysings na kampusse" gebruik om aanwysings vanaf OR Tambo-lughawe na die onderskeie kampusse te verkry. (Die Universiteit van Pretoria het geen verbintenis met die pendeldiensverskaffers of dagtoeroperateurs nie, en kan nie instaan vir hierdie instellings se diens of fasiliteite nie.)
|
|
|
Personeel en Studente: Sukkel met parkering?
Vanaf 10 Augustus 2011 tree die volgende wysigings aan die Universiteit van Pretoria se Parkeer-en-Ry fasiliteit in werking:
- Die diens is beskikbaar vir gebruik deur personeel en studente
- Sekuriteitswagte sal aan diens wees om parkering te fasiliteer
- Personeel en studente moet 'n geldige personeel-/studentekaart op aanvraag kan toon
- Die diens word gratis gelewer
- 'n Tydrooster en roete aanduiding sal in elke bus sigbaar wees
Tussen die LC De Villiers Sportkampus en die Hatfieldkampus:
- Die parkeerarea wat gebruik moet word is direk langs die Daan Swiegers Gebou op die LC de Villiers Sport (Hillcrest) Kampus
- Vanaf LC de Villiers: 'n Bus vertrek elke 15 minute vanaf 06:45 tot 17:45
- Op Kampus: Die bus stop voor die Nagraadse Sentrum vir die op-en aflaai van passasiers
- Vanaf Hatfield kampus [Nagraadse Sentrum]: 'n Bus vertrek elke 15 minute vanaf 07:00 tot 17:45
Klik hier vir die op- en aflaaiskedules
Tussen die LC De Villiers Sportkampus en die Hatfieldkampus – Laataand Diens:
- Vertrek vanaf die Daan Swiegers parkeerarea vanaf 18:00
- Op- en aflaaipunt voor die Sci-Enza Gebou vanaf 18:45 tot 22:00
Tussen die Groenkloofkampus en die Hatfieldkampus:
- Die parkeerarea wat gebruik moet word is voor die SACTE-gebou op die Groenkloofkampus
- Vanaf Groenkloofkampus [SACTE-gebou]: 'n Bus vertrek elke halfuur vanaf 06:30 tot 21:30
- Op kampus: Die bus stop voor die Sci-Enza Gebou vir die op-en aflaai van passasiers
- Vanaf Hatfieldkampus [Sci-Enza Gebou]: 'n Bus vertrek elke halfuur vanaf 07:00 tot 22:00
Klik hier vir die op- en aflaaiskedules
Vir navrae stuur 'n e-pos aan Cornelia Basson by cornelia.basson@up.ac.za
|
|
|
|