SABS-toekenning vir Ontwerppresteerders
Gelaai op 25 Jun 2008
Gelukwensinge aan Sidhika Sooklal, 'n vierdejaarstudent in BA Inligtingontwerp aan die Universiteit van Pretoria, wat 2008 se SABS-toekenning vir Ontwerppresteerders verower het. Die tema van die Ontwerppresteerderstoekenning is "Hands-on, Minds-on, Hearts-on", en benoemings vir deelname word van alle tersiêre ontwerpinstellings in Suid-Afrika ontvang.
Die Afrika Menseregteskynhofkompetisie vorm deel van die Universiteit se eeufeesviering
Media office
Gelaai op 24 Jun 2008
Die 17de Afrika Menseregteskynhofkompetisie: 'n Nuwe generasie regsgeleerdes uit Afrika berei voor vir die belangrike instelling van die Afrika Hof vir Mense- en Volkereregte (African Court on Human and People's Rights).
Pionier op die gebied van kognitiewe veroudering besoek Universiteit
Estelle Walmsley
Gelaai op 13 Jun 2008
Dr Anderson Smith, Senior Viseprovoos van Akademiese Sake aan die Georgia Institute of Technology en ?n pionier in die Instituut se program oor kognitiewe veroudering, lewer op 19 Junie 2008 ?n lesing oor veranderings in volwassenes se geheue by die Universiteit.
Waardevolste uitstalling ooit op die kampus
Gerard de Kamper
Gelaai op 13 Jun 2008
Mnr Alec Wapnick, 'n oud-Tukkie en prominente sakeman van Pretoria, het oor dekades 'n uitsonderlike versameling van kunswerke oor die groei en ontwikkeling van Pretoria opgebou. Die versameling sal vanaf 17 Junie op die Universiteit se Hatfield-kampus besigtig kan word.
TuksAlumni Legends 2008 lok duisende
Danie van Wyk
Gelaai op 06 Jun 2008
Die afgelope naweek (31 Mei 2008) het die TuksAlumni Padhardlopers hul jaarlikse 21.1- en10 km-stap/hardloopwedlope by Waterkloof Lugmagbasis in Centurion aangebied. Ongeveer 1800 hardlopers en stappers het deelgeneem.
Kom leer meer van aartappels by UP
Gilbert Mokwatedi
Gelaai op 05 Jun 2008
Die Universiteit van Pretoria is die gasheer van ʼn tien dag lange Aartappeluitstalling ter viering van die Internasionale Jaar van die Aartappel. Die geleentheid word deur die Ambassade van Peru in samewerking met die Verenigde Nasies Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), die Departement Landbou, Aartappel Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria gereël.
Donasies vir slagoffers van xenofobia kry momentum
Gilbert Mokwatedi
Gelaai op 03 Jun 2008
Die Rektor van die Universiteit van Pretoria het studente, personeel en besoekers bedank wat gereageer het op 'n oproep om voedsel en ander goedere te kollekteer en aan slagoffers van onlangse xenofobiese aanvalle te skenk. Professor Calie Pistorius het gesê dat die positiewe reaksie 'n aanduiding is dat die Universiteit en sy gemeenskap werklik omgee. Sedert verlede week het die Universiteit se gemeenskap voedsel, komberse, klere en ander items geskenk.
UP koor vier 40ste verjaarsdag
Pamela Oosthuizen
Gelaai op 26 May 2008
Tuks Camerata, voorheen bekend as die Tukkiekoor het sy 40ste verjaarsdag op luisteryke wyse gevier gedurende die Universiteit van Pretoria se Alumni Tuiskomsweek in Mei 2008.
UP studente in optog teen zenofobiese aanvalle
Emmerentia Nel
Gelaai op 26 May 2008
UP studente het Vrydag, 23 Mei, aan ?n optog op die Universiteit se Hatfieldkampus deelgeneem om teen zenofobia te protester. Die optog, wat deur studente van die Universiteit ge-organiseer is, het ten doel gehad om die studente se solidariteit met die slagoffers van misdaad teen buitelanders te wys.