English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods
ALCRL
Gelaai op 21 May 2013

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.

Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.

[Lees Meer]

Opedag ’n sukses!
Sanku Tsunke
Gelaai op 21 May 2013

Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.

[Lees Meer]

Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies
Sanku Tsunke
Gelaai op 20 May 2013

‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’

[Lees Meer]

TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria
Sanku Tsunke
Gelaai op 17 May 2013

Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.

[Lees Meer]

Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots)
Nicolize Mulder
Gelaai op 16 May 2013

Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).

[Lees Meer]

’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods
ALCRL
Gelaai op 15 May 2013

Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.

[Lees Meer]

Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika
Stephan Geyer
Gelaai op 14 May 2013

Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.

[Lees Meer]

Sentrum vir Menseregte teiken regters uit Afrika terwyl Opsionele Protokol in werking tree
Frans Viljoen
Gelaai op 14 May 2013

Regters uit vyf Afrikalande (Botswana, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië en Uganda) het aangesluit by deelnemers uit 20 ander Afrikalande vir ’n kursus oor sosio-ekonomiese regte wat van 6 tot 10 Mei 2013 deur die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van Pretoria aangebied is.

[Lees Meer]

Tuks studente skitter by G20-Jeugforum in Rusland
Elzet Hurter/Martie Bradley
Gelaai op 08 May 2013

Die G20-Jeugforum was die grootste internasionale byeenkoms wat in 2013 vir jong leiers aangebied is, en meer as 1 500 jong leiers, studente en akademici, verteenwoordigers van die sakewêreld en regerings het daaraan deelgeneem.* Ses studente van die Universiteit van Pretoria is as verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse jeugkontingent gekies om die Forum van 17 tot 21 April 2013 in St Petersburg by te woon.

[Lees Meer]

Ann Skelton die bekleër van die UNESCO-leerstoel in Onderwysreg
Elzet Hurter
Gelaai op 07 May 2013

Die Direkteur van die Sentrum vir Kinderreg, prof Ann Skelton, is deur die Universiteitsraad aangestel as die bekleër van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) se Leerstoel in Onderwysreg in Afrika.

[Lees Meer]

 
 
1 2 3 ...Next »
 
«Besigtig Argiewe  |   Subscribe to 's news feed