UP Kunste bied aan ‘n konsert met twee internasionaal bekende universiteitskore
Pamela Oosthuizen
Gelaai op 05 May 2010
UP Kunste bied met trots aan ʼn konsert met die Universiteit van Pretoria Camerata en die Noord-Arizona Universiteit Shrine of the Ages Koor vanuit die VSA.
The Crucible deur Arthur Miller
Gelaai op 03 May 2010
Die Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria voer weer eens THE CRUCIBLE op. Daar is besluit om dit te doen vanweë die gewildheid van die stuk en na ʼn suksesvolle speelvak in 2009.
UP-wetenskaplike een van vyf vroue in wetenskap wat beurs in Subsahara-Afrika ontvang
Gelaai op 03 May 2010
Kgaogelo Amanda Maswanganye is een van vyf vroue wat ʼn beurs ter waarde van $20 000 (R144 840) by die eerste L’Oréal en Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) se Streeksbeurse vir Vroue in Wetenskap in Sub-Sahara-Afrika ontvang het. Die Beurs is ʼn poging om ʼn bydrae tot hul voortgesette belegging in vroue in wetenskap te maak.
Tweelingsusters ontvang Ingenieursgrade
Gelaai op 28 Apr 2010
Die pragtige en intelligente tweelingsusters Talia en Tercia da Silva (22) van Haenertsburg in Limpopoprovinsie was onder die honderde ingenieurstudente wat hul BIng-grade tydens die Universiteit van Pretoria (UP) se gradeplegtigheid op 23 April ontvang het. Die grade is nie net cum laude aan die susters toegeken nie, maar hulle was ook onder die top vyf studente in die Departement Siviele Ingenieurswese.
LectorSA-projek help JuniorTukkies beter lees
Petrus Lombard
Gelaai op 24 Apr 2010
Die JuniorTukkie-kantoor in die Kliëntedienssentrum by die Universiteit van Pretoria is reeds vir die afgelope drie jaar betrokke by die LectorSA-leesontwikkelingsprogram. Die projek het tot dusver uitstekende resultate gelewer.
Investec belê in die JuniorTukkie-program
Setlogane Manchidi
Gelaai op 24 Apr 2010
Een van die hoofkomponente van Investec se maatskaplike beleggingstrategie is om jongmense van benadeelde agtergronde te bemagtig deur gehalteonderwys, en hulle so in staat te stel om in beheer van hul eie lewens te wees. Ons glo dat ons jong studente kan help om die uitdagings wat hulle in die gesig staar, te oorkom deur deure oop te maak waar geleenthede bestaan en ʼn helpende hand te wees. Met Investec se hulp hoef dit nie net ʼn droom te wees om jou volle potensiaal te bereik nie – dit kan ʼn realiteit word.