Suid-Afrika se Olimpiese vier-roeihelde samel hul toekennings in
hpc
Gelaai op 05 Nov 2012
Suid-Afrika se liggewig-vierspan bestaande uit James Thompson, Matthew Brittain, John Smith en Sizwe Ndlovu is op Vrydag 2 November by ʼn dinee in die Knappogue-kasteel in Ierland deur die Internasionale Roeifederasie as Manspan van die Jaar aangewys.
Tentoonstelling van die werk van vierdejaar maatskaplikewerkstudente
Liana le Roux
Gelaai op 03 Nov 2012
Ons vierdejaarstudente het hul jaarlikse geleentheid gehou waar hulle voorbeelde aangebied het van hul gemeenskapswerkprojekte en groepwerkintervensie wat deel van hul praktykopleiding vorm.
’n Nuwe Afrika-Europese MA-program in Kulturele Verhoudinge word in 2013 by UP bekend gestel
Dr Stephan Mühr
Gelaai op 05 Jul 2012
Die studie van vreemde tale behels veel meer as die blote aanleer van kommunikasievaardighede. Vreemdetaalprogramme word, veral op akademiese vlak, toenemend deur die insluiting van aspekte van kulturele bevoegdheid gekenmerk.
Tuks-spelers gekies vir die Gauteng-Noord Senior Netbalspan
Riana Bezuidenhout
Gelaai op 14 Jun 2012
Geluk aan al die Tuks Divas en Tuks 1 speelsters wat vir die Gauteng Noord Dames A en B oefengroepe gekies is. Die toernooi vind vanaf 5 - 11 Augustus 2012 in Johannesburg plaas.
'n Huldeblyk aan een van Suid-Afrika se top dokters: Dr John "Oupa" Moche
Sanku Tsunke
Gelaai op 06 Feb 2012
Familielede en vriende, insluitend lede van Suid-Afrika se mediese gilde, het vanuit alle oorde na die Groenkloofkampus gestroom om hulde aan dr John Moche te bring. Dr Moche is onlangs tydens ’n kaping vermoor.
Nuwe Departement Bemarkingsbestuur begin jaar op 'n drafstap
Nicolize Mulder
Gelaai op 07 Feb 2013
Melinda Bam, Mej Suid-Afrika 2011, is een. Insgelyks John Smith, wenner van ’n Olimpiese goue medalje asook 94.7 Highveld se Alex Caige, om nie eens te praat van die talle HUB’s en bestuurders in die reklamewese nie. Ons praat natuurlik van mense wat Bemarkingsbestuurstudente by die Universiteit van Pretoria was.
UP-lektor betrokke by splinternuwe Afrikaanse reeks vir Grondslagfase
Dept of Early Childhood Education/Dept Vroeë Kinderonderwys
Gelaai op 06 Feb 2013
Dr Ina Joubert van die Departement Vroeë Kinderontwikkeling was betrokke by ‘n nuwe Afrikaanse reeks vir die Grondslagfase. Die Platinum Afrikaans Huistaal-reeks vir Afrikaans se doel is om onderwysers te help om só te onderrig dat leerders Afrikaans sal bemeester en suksesvol in Afrikaans kan leer. Die reeks voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (NKABV) (Departement van Basiese Onderwys, 2011).
Studente van Sentrum vir Menseregte en andere bied hoop aan gay en lesbiese jongmense
Andrew Barry
Gelaai op 06 Feb 2013
ʼn Uiteenlopende groep hoëprofiel-individue het met studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van Pretoria saamgewerk om “It Gets Better South Africa” te stig.
UP-navorsing ontvang toekenning tydens Gesamentlike Kongres
Juan Vorster
Gelaai op 05 Feb 2013
Vyf en twintig studente en personeellede van die Universiteit van Pretoria se Departement Plantproduksie en Grondwetenskap het die Gesamentlike Kongres wat vanaf 21 tot 24 Januarie in Durban gehou is, bygewoon. Tydens dié geleentheid is erkenning gegee aan die navorsingsbydraes van agt van UP se verteenwoordigers.
Die Kongres is gereël deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasverbouing (SASCP), die Grondwetenskapvereninging van Suid-Afrika (SSSSA), die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Tuinboukunde (SASHS) en die Suid-Afrikaanse Onkruidwetenskapsvereniging (SAWSS).
Top akademiese presteerders doen aansoek by die Universiteit van Pretoria
Vice-Chancellor and Principal/Visekanselier en Rektor
Gelaai op 04 Feb 2013
Dit is vir ons aangenaam om te meld dat 44% van alle Graad 12 matrikulante met 6 tot 10 A simbole by die Universiteit van Pretoria aansoek gedoen het vir studie in 2013.
Toelating en keuring vir tersiêre studie is baie kompeterend en alle 2013 Graad 12 leerders wat aan ons toelatingsvereistes voldoen, word aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen. Die aanlyn aansoekstelsel sal vanaf 1 Maart 2013 aktief wees.