English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure (Argief)

Toekenning vir buitengewone professor by UP
Dept of Communication Pathology/Dept Kommunikasiepatologie
Gelaai op 09 Apr 2012

Prof James W Hall, Buitengewone Professor by die Universiteit van Pretoria se Departement Kommunikasiepatologie, het op 29 Maart 2012 ’n Toekenning vir Uitstaande Prestasie van die Amerikaanse Akademie vir Oudiologie (American Academy of Audiology) ontvang.

[Lees Meer]

Tuks word as Klubatletiekkampioene gekroon
Danie Cornelius
Gelaai op 08 Apr 2012

Tuks was die wenners van die eerste Geelbladsye Interklub-Atletiekkampioenskap wat op Donderdag 5 April by die ABSA TUKS-stadion gehou is.

[Lees Meer]

Openbare Seminaar: Apartheid of demokrasie? Die Palestynse ervaring in Israel
Shirley de Villiers
Gelaai op 05 Apr 2012

Die Departement Politieke Wetenskappe en die Afro-Midde-Oosterse Sentrum tree as gashere op vir ’n seminaar oor die onderwerp: “Apartheid of demokrasie? Die Palestynse ervaring in Israel”. Die seminaar vind op 16 April plaas en word deur Haneen Zoabi aangebied.

[Lees Meer]

Tuks doen dit weer in SAIGR se Kwalifiserende Eksamen 2012
Prof Johan Oberholster
Gelaai op 04 Apr 2012

Die uitslae van Deel 1 van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se Kwalifiserende Eksamen (KE 1) is op Vrydag 30 Maart 2012 vrygestel, nadat die eksamen in Januarie 2012 in geskryf is. ‘n Totaal van 3 112 kandidate het die eksamen afgelê en 1 987 het geslaag.

[Lees Meer]

Lede van TuksAtletiek oorheers in ASA se Junior Span vir Barcelona
Danie Cornelius
Gelaai op 04 Apr 2012

TuksAtletiek het sy dominansie in Suid-Afrikaanse atletiek bevestig met die insluiting van nie minder nie as 11 van sy lede in die span van 32 atlete wat in Barcelona sal meeding.

[Lees Meer]

Prof Nigel Bennett ontvang prestige prys
Martie Meyer
Gelaai op 04 Apr 2012

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs die Havenga-prys vir Lewenswetenskappe aan prof Nigel Bennett van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria (UP) toegeken.

[Lees Meer]

Eerste oopbron-georuimtelike laboratorium in Afrika by Tuks in gebruik geneem
Centre for Geoinformation Science/Deur die Sentrum vir Geoinformatika
Gelaai op 04 Apr 2012

Die eerste oopbron-georuimtelike laboratorium in Afrika is onlangs by die Sentrum vir Geoinformatika by die Universiteit van Pretoria in gebruik geneem.

[Lees Meer]

Sentrum wens prof John Dugard geluk met Presidensiële erkenning van sy bydraes tot die reg en menseregte in Suid-Afrika
Ryan Kilpatrick
Gelaai op 04 Apr 2012

Professor Christopher John Robert Dugard, Buitengewone Professor in Regte in die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Menseregte, sal op Vryheidsdag, 27 April 2012, een van Suid-Afrika se hoogste eerbetuigings vir burgerlikes ontvang wanneer die Orde van die Baobab (Kremetart): Goud tydens ’n seremonie wat deur President Jacob Zuma gelei sal word, aan hom oorhandig word.

[Lees Meer]

Tshwane Ondernemingsontwikkeling-program (TEDP) lewer positiewe bydrae
Prof Jurie van Vuuren
Gelaai op 03 Apr 2012

Die Stad Tshwane het in 2009 ’n program van stapel gestuur om entrepreneurskap binne die stad aan te moedig deur opleiding en mentorskapsgeleenthede aan entrepreneurs wat op verskeie vlakke binne die stad werksaam is, te bied, met die Universiteit van Pretoria as diensverskaffer.

[Lees Meer]

2012 – die Jaar van die Studente
Sanku Tsunke
Gelaai op 03 Apr 2012

Die Universiteit van Pretoria se nuwe Verteenwoordigende Studenteraad het 2012 as die ‘Jaar van die Studente’ beskryf, wat gedryf word deur die nastrewing van uitnemendheid ten opsigte van verdraagsaamheid en inklusiwiteit van studenteverteenwoordiging. Hulle het hul hiertoe verbind by hul formele inhuldiging wat op 27 Maart 2012 op die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus plaasgevind het.


[Lees Meer]

 
 
« Back... 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 182 183 184 185 186 187 188 189 190 191 192 193 194 195 196 197 198 199 200 201 202 203 204 205 206 207 208 209 210 211 212 213 214 215 216 217 218 219 220 221 222 223 ...Next »
 
«Terug na die huidige nuus