UP ontvang ʼn boekeversameling om gespreksvoering oor teologie en wetenskap te onderskraag
Sanku Tsunke
Gelaai op 09 Apr 2013
Die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria het ʼn versameling van 224 boeke van die International Society for Science and Religion (ISSR) Library Project in Cambridge (VK) ontvang. Die boeke in die versameling sal bydra tot debatte en navorsing in die Fakulteit oor die verhouding en verwantskap tussen wetenskap en godsdiens.
Doktersdrieling gradueer aan die Universiteit van Pretoria
Sanku Tsunke
Gelaai op 09 Apr 2013
Die drielingsusters Elana, Carla en Marli van Heerden het tydens die Universiteit van Pretoria se herfsgradeplegtigheid gesamentlik as mediese praktisyns gegradueer.
Die susters is in Pretoria gebore en het in 2006 aan die Helpmekaar Kollege in Johannesburg gematrikuleer. Elke suster het sewe onderskeidings behaal. In 2007 het hulle vir die program Baccalaureus in Genees- en Snykunde (MBChB) aan die Universiteit van Pretoria geregistreer.
Suid-Afrika se Olimpiese vier-roeihelde samel hul toekennings in
hpc
Gelaai op 05 Nov 2012
Suid-Afrika se liggewig-vierspan bestaande uit James Thompson, Matthew Brittain, John Smith en Sizwe Ndlovu is op Vrydag 2 November by ʼn dinee in die Knappogue-kasteel in Ierland deur die Internasionale Roeifederasie as Manspan van die Jaar aangewys.
’n Nuwe tuiste vir die Soogdiernavorsingsinstituut (SNI) en Wiskunde
Martie Meyer
Gelaai op 08 Apr 2013
“Om navorsing en nagraadse onderrig aan die Universiteit te bevorder, moet ons ’n omgewing skep wat dit vir ons personeel en studente moontlik maak om dit uit te voer. Die vestiging van die nuwe tuiste vir die SNI en Wiskunde by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is ’n uitstekende voorbeeld van ons verbintenis tot hierdie doelwit."
UP vereer prof Njabulo Simakahle Ndebele met ʼn eredoktorsgraad in letterkunde
Nicolize Mulder
Gelaai op 04 Apr 2013
Die graad Doctor Literatum (honoris cause) wat hierdie week deur die Universiteit van Pretoria (UP) aan prof Njabulo Simakahle Ndebele toegeken is, is nog ʼn toevoeging tot sy reeds indrukwekkende lys eredoktorsgrade en ander toekennings.
Die bekwame skrywer en akademikus is in November verlede jaar as Kanselier van die Universiteit van Johannesburg (UJ) ingehuldig. 'n Vlugtige blik op sy curriculum vitae verklaar waarom die Universiteit se Fakulteit Geesteswetenskappe besluit het om sy hoogste eerbewys aan prof Ndebele toe te ken.
Nagraadse Navorsingsentrum: padkaart vir nagraadse sukses
Kelly Summerfield
Gelaai op 28 Mar 2013
Tydens ’n geleentheid wat op Donderdag 14 Maart 2013 gehou is, het die Departement vir Navorsing en Innovasieondersteuning (DNIO) ’n nuwe inisiatief, die Nagraadse Navorsingsentrum, bekend gestel. Die funksie is deur meesters- en doktorale studente uit verskeie departemente van die Universiteit bygewoon.
Professor Burton, Viserektor: Navorsing en Nagraadse Onderwys aan die Universiteit van Pretoria, het studente ingelig oor die onbeperkte geleenthede wat in die akademiese wêreld beskikbaar is en hulle herinner aan die moontlikhede wat meesters- of doktersgrade vir hulle sal ontsluit.
TuksRugby: Fantastiese UP-Tuks 1 mars voort
Morris Gilbert
Gelaai op 26 Mar 2013
UP-Tuks het Maandag vir die Varsitybeker-eindstryd gekwalifiseer deur in die halfeindwedstryd ’n klinkende oorwinning oor UJ te behaal.
UP-Tuks sal nou op 8 April in Stellenbosch in die eindstryd teen hul aartsteenstander, Maties, te staan kom. Maties het NMMU in die ander halfeindstryd met 16-15 geklop.
Die Universiteit van Pretoria vier Wêrelddag vir Maatskaplike Werk
Sanku Tsunke
Gelaai op 26 Mar 2013
Op 19 Maart het studente en personeel van die UP Departement Maatskaplike Werk en Kriminologie Wêrelddag vir Maatskaplike Werk plaaslik gevier. Dit volg op die bekendstelling van die Globale Agenda vir Maatskaplike Werk en Maatskaplike Ontwikkeling in 2012 by die Verenigde Nasies se Dag vir Maatskaplike Werk in 2012. By dié geleentheid het maatskaplike werkers hulself daartoe verbind om strukture en stelsels wat die grondoorsake van onderdrukking en ongelykheid positief aanspreek, te ondersteun, beïnvloed en bemagtig, ten einde daartoe by te dra om ʼn sosiaal regverdiger en billiker wêreld tot stand te bring.
Tuks reageer op Varsitybeker-dispuut
Nicolize Mulder
Gelaai op 20 Mar 2013
Die ophef in Media24 oor Tuks en die Varsitybeker se dispuut handel oor 'n enkele speler. Die Universiteit van Pretoria (UP) stel graag die feite sodat die publiek behoorlik ingelig is. Persverklarings wat die situasie verduidelik en wat reeds oor die afgelope naweek deur Tuks uitgereik is, is ongelukkig nie deur die media geplaas nie.
Maatskaplike werkers bevorder maatskaplike en ekonomiese gelykheid
Sanku Tsunke
Gelaai op 19 Mar 2013
Maatskaplike werkers is sentraal geposisioneer in the 2030 Visie van die Nasionale Ontwikkelingsplan om armoede en ongelykhede te elimineer. Met die aanvaarding van die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbeleid in 1997, het maatskaplike werkers opnuut hul verbinding tot maatskaplike regverdigheid en menseregte bevestig. Meer doelgerigte aksie deur maatskaplike werkers is egter nodig om strukturele uitdagings wat kwesbare groepe maatskaplik en ekonomies uitsluit, aan te spreek. Meer suksesstories van maatskaplike werkers wat opstaan teen ongelykhede en wat kwesbare groepe op maatskaplike en ekonomiese terreine insluit, moet vertel en gehoor word sodat hulle erken kan word vir die belangrike bydrae wat hulle lewer tot geïntegreerde maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling.