Tuks Junior Netbal Program
Deur Riana Bezuidenhout
Gelaai op 06 Maart 2012
Tuks Junior Netbal Feathers
TuksNetbal bied 'n Netbalprogram vir laerskool en hoërskool netbalspeelsters aan.
Tuks Junior Netbalprogram “Feathers”
TuksNetbal nooi alle entoesiastiese laerskool en hoërskool netbalspelers hartlik uit om by ons Tuks Netbal “Feathers” program aan te sluit. Met dié Juniorprogram beoog ons om genot terug te sit in die spel asook om netbalspelers selfvertroue te gee en die spel beter te verstaan.
Sessies word in twee afdelings verdeel naamlik: Wedstrydspel/-tegniek en Vaardigheidsoefeninge. Die program is nié alleenlik vir A-span spelers nie, alle netbalspelers is welkom. Kom leer by die beste, geniet netbal saam met ons en ontmoet nuwe netbal vriendinne! Die nuwe konsep van Junior Netbal sal deur Jenny van Dyk, Erin Burger, Tuks-afrigters en -spelers gelei word.
Oefentye: o7 – o13 Woensdae 14:30 – 16:00
o14 – o18 Woensdae 16:00 – 18:00
2de Kwartaal begin 11 April 2012
Kostes:
Eenmalige registrasiefooi: R200 (T-Hemp ingesluit / Jnr Tukkie registrasie)
Betaalbaar in Kontant
Kwartaalliks : R550 per kwartaal Betaalbaar deur bank oorplasing/kontant/bank deposito
Kwartaal 2 1 April
Kwartaal 3 1 Junie
Kwartaal 4 1 Oktober
Programleiers: Jenny van Dyk - Tuks Hoof van die Program/ Hoof Afrigter
Erin Burger - Tuks u/19 Afrigter/Jnr HP afrigter
Riana Bezuidenhout - Tuks Netbal Bestuurder
Tuks 1 & 2 / Sportwetenskap studente
Michelle Oliver - Sportwetenskap Honneursstudent
Programinhoud: - Individuele vaardigheidsontwikkeling
- Posisie spesifieke vaardigheidsontwikkeling
- Tegniese en taktiese spel
- Kondisionering
- Fiksheidstoetsing en monitering deur Sportwetenskap
Honneursstudente
- Reël interpretasie
- Etiek van Netbal
- Voedingsraad
- Dwelms in Sport
- Herstel na oefening
- Doelwitstelling
- Fastnet Toernooi
- Oefenkampe (Camp Discovery / Tuks)
Vir meer inligting, kontak die TuksNetbal Kantoor: 012 420 6081
Taalversorger: Riana Bezuidenhout
|