University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Alumni

Oudstudente van Mynbou-ingenieurswese vergader by indaba 

TuksAlumni en die Departement Mynbou-ingenieurswese het 'n geleentheid vir UP-alumni op 9 Februarie 2009 by die Internasionale Mynbou-indaba in Kaapstad gereël. Mnr Wilco Uys, Visepresident: Bedryf, Energiekoolstof Suid-Afrika by BHP Billiton, was die spreker by die skemerkelkie, wat deur 24 gaste bygewoon is.  

Dr Ronny Webber-Youngman, departementshoof van Mynbou-ingenieurswese, het ook 'n kort toespraak gelewer oor die rol en bydrae van die departement in die mynboubedryf en die goeie reputasie van sy ingenieursalumni. 

Die onthaal het 'n nuttige geleetheid gebied vir die Departement Mynbou-ingenieurswese om sy alumni te betrek en bedryfsverwante waarde aan hulle te bied. Alumni was baie positief oor die geleentheid en het die hoop uitgespreek dat dit 'n jaarlikse instelling sou word. Hulle het ook die inspirerende boodskap van mnr Uys waardeer. 

 
Die spreker, mnr Wilco Uys, Visepresident: Bedryf, Energiekoolstof Suid-Afrika by BHP Billiton, dr Ronny Webber-Youngman, Departement Mynbou-ingenieurswese en mnr Ben Alberts