English |  Afrikaans |    
  
Departement Visuele Kunste

Waarom bly Marilyn Monroe onsterflik?

Deur Visual Arts

Gelaai op 22 Februarie 2012

Kort op die hakke van die nuwe film My week with Marilyn (2011, regisseur Simon Curtis) het die tydskrif SARIE ‘n onderhoud met kenners gehad oor die blywende gewildheid van Marilyn Monroe.

“Vergelyk Marilyn met vandag se sterre soos Lady Gaga en Madonna”, sê prof. Amanda du Preez, ’n dosent in visuele kultuurstudies by die Universiteit van Pretoria. “Hulle is albei groot handelsmerke, maar as Lady Gaga vandag sou doodgaan, wat is daardie een beeld van haar wat ons sal onthou? Daar is nie een nie. Sy het soveel voorkomste.”

“Die era van ikone met ’n enkele beeld is verby omdat sterre deesdae onder druk is om interessant te bly in ’n vinnig veranderende wêreld. Marilyn is in daardie een beeld vasgevang, ’n handelsmerk waaraan mense hul eie betekenis kan heg”, sê sy.

“Dis byna asof Marilyn ’n uitgeholde, eendimensionele beeld geword het. Sy kan met enige boodskap ‘gelaai’ word. Vir die jonger generasie beteken sy nie meer dieselfde as ’n paar dekades terug toe sy as sekssimbool gesien is nie. Jong mense is gewoond aan seks. Marilyn is eerder vir hulle ’n simbool van cool.”

En omdat haar beeld “verander saam met die tye”, is sy onsterflik.

Die volle artikel is beskikbaar in SARIE, Maart 2012.



Bookmark this page: