English |  Afrikaans |    
  
E-onderwys

Kwaliteitsbestuurstelsel

news

Nuus

Ons bring die Kwaliteitbestuurstelsel vir e-leerprojekte op datum. Die stelsel is in 2003 geloods en tot 2005 op datum gehou. Die e-onderwyseenheid het egter toe begin met die groot opgradering van WebCT na die ‘Blackboard Learning Management System’ (LMS), wat party van die prosedures vir webondersteunde projekte fundamenteel verander het. Ons moes wag tot die loodsprojek voltooi is en die nuwe stelsel op 'n stabiele wyse gefunksioneer het.
 

Die tyd het aangebreek vir ons om die KBS te herbesoek en om die prosedures en ondersteunende dokumente te hersien. Ons by die Universiteit van Pretoria het ons weergawe van die ‘LMS’ ‘clickUP’ genoem, wat konnotasies het met ‘kliek jou onderwyspraktyk OP’ en ‘kliek jou gebruik van gekombineerde leer OP’. 

 

clickUP logo
purpose of quality management

Die doel van die Kwaliteitbestuurstelsel

  • Om 'n gedefinieerde raamwerk vir alle rolspelers te bied om konsekwent tydens die hele projek saam te werk;
  • om almal, insluitend nuwe personeel, in staat te stel om te verstaan ‘hoe dinge hier rond gedoen word’;
  • om areas vir verbetering te identifiseer;
  • om 'n geïntegreerde en eenvoudige metode te bied om toegang te kry tot ondersteunende dokumentasie en dit te gebruik, bv. kontrolelyste, vorms, sjablone;
  • om te verseker dat die regte werktuie beskikbaar is om omvattende toetse te doen en om foute te verminder;
  • om te probeer om enige foute so gou moontlik uit te wis voordat dit te laat of te duur is om dit reg te maak;
  • om voltooide projekte te evalueer en te help om hul impak op onderwys en leer aan UP te assesseer;
  • om lesse te leer wat kan help om toekomstige projekte te verbeter;
  • om meer met mekaar te deel oor die manier waarop dinge gedoen word;
  • om aan eksterne insethouers (bv. ouditeurs of UP-bestuur)  te demonstreer  dat OI 'n formele kwaliteitbestuurstelsel in plek het om die e-onderwysprojek te laat vlot.
Quality Pledge

Waarborg van kwaliteit

Ons onderneem om ons missie te implementeer sodat die behoeftes, kennis en houdings van ons kliënte, naamlik akademiese personeel en studente, sowel as eksterne  kliënte  en insethouers, in ag geneem word.

Ons wy ons daaraan toe om dienste, produkte en stelsels te lewer wat die volgende beginsels insluit:

1.       fiksheid vir die doel;

2.       kliëntetevredenheid;

3.       koste-effektiwiteit;

4.       gedefinieerde standaarde;

5.       onderhandelde tydraamwerke;

voortgesette verbetering van ons prosesse en funksies.