Maroela, Sonop in eindronde
Deur Morris Gilbert
Gelaai op 17 Februarie 2009
Maroela en Sonop se eerste spanne spook Woensdagaand (18 Februarie) sake in die eindronde van die huise-uitklopliga uit.
Maroela het met Mopanie (17-14) en Sonop met Kiaat (26-9) in die halfeindronde klaargespeel.
In die eindronde van die plaatkompetisie kom Boekenhout teen Maroela te staan.
Die twee o.20-spanne wat die kampioenskapskroon in die visier het, is dié van Kollege en Taaibos.
Die plaateindstryd is tussen Geelhout en Vividus.
• Die program vir die eindrondes is:
17:00:
o.20-plaatfinaal: Kollege t Taaibos (LC B).
o.20-bekerfinaal: Boekenhout t Maroela (LC-stadion).
Eerstespan-plaatfinaal: Geelhout t Vividus (LC D).
18:30:
Eerstespan-bekerfinaal: Maroela t Sonop (LC-stadion)..
|
|
|