English |  Afrikaans |    
  
Rugby

Tuks terug op Carlton-wenpad

Deur Morris Gilbert

Gelaai op 08 April 2009

Stanley Twiname, nuwe losskakel van Tuks.
Stanley Twiname, nuwe losskakel van Tuks.

Tuks is terug op die Carltonbeker-wenpad nadat hulle Woensdagaand (8 April) met Centurion op Loftus Versfeld afgereken het.

Tuks was met 33-19 baas nadat hulle rustyd reeds met 25-12 voorgeloop het.

Hoewel Tuks harder vir die oorwinning moes werk as wat die eindtelling aandui, was die uitslag nooit in die weegskaal nie. Tuks het vier drieë teenoor drie gedruk.

Tuks het deurgaans meer afgeronde en ondernemende rugby gespeel en met die puik ondersteunende spel tussen voor- en agterspelers indruk gemaak.

Die ‘nuwe’ Tuks het in die eerste helfte hard en vinnig met die drieë van eers Fanie Booysen (heelagter) en toe Hein Pretorius (regtervleuel) geslaan. Tuks het nooit omgekyk nadat hulle met 15-0 voorgeloop het nie.

In die tweede helfte het Tuks die spoor effe byster geraak nadat die lot en kaptein, Johan de Bruin, koelkas toe gestuur is. Tuks het egter gou weer die inisiatief met Booysen se tweede drie geneem.

Tuks se ander punte is deur Franco Booysen met ’n klassieke senterdrie en die nuweling-losskakel, Stanley Twiname (2 doelskoppe, 3 strafdoele), aangeteken.




Bookmark this page:


Kommentaar

Stuur Kommentaar
Items gemerk met 'n * is verpligtend
Tenminste een van die items gemerk met ** moet ingevul word.


U Kontakinligting
Naam *
U E-posadres *
Onderwerp *
Boodskap *
Sekuriteitsbeeld *
Sekuriteitskode
Tik asb die kode in die beeld hier bo in. *