English |  Afrikaans |    
  
Rugby

Rugbygeskiedenis Saterdag in LC de Villiers-stadion


Gelaai op 24 Julie 2009

Slaggereed vir die Australiese aanslag: Chester Mbekela, Frans Parsons en Deon Kraëmer (kaptein).
Slaggereed vir die Australiese aanslag: Chester Mbekela, Frans Parsons en Deon Kraëmer (kaptein).

Geskiedenis word op Saterdag, 25 Julie in die LC de Villiers-stadion gemaak wanneer die Tuks-Bulls in die eerste internasionale wedstryd nóg tussen Rugby League-studentespanne op plaaslike bodem teen die verdedigende wêreldkampioen, die Australiese Universiteite, te staan kom.

TuksBulls is die huidige top RL-klubspan in SA nadat hulle die Rhinobeker verower het in die 2008/2009-seisoen.

Die toerende Aussies is die tweede oorsese span wat SA die afgelope maand besoek. TuksBulls-spelers was deel van die provinsiale span wat bygedra het tot die oorwinning met 32-24 teen die Britse Leër.

Die Australiese Universiteite is die huidige Universiteite-wêreldkampioene. Op twee na speel meeste van die spelers vanaf die ouderdom van 6 nog net Rugby-League waar die 15-man-kode vir hulle ’n sekondêre sportsoort is. Hulle kan ’n groot toets vir die TuksBulls wees wat sonder van hul ster-spelers moet klaarkom wat nog betrokke is by die 15-mankode.

Toegang is gratis. Die wedstryd begin om 14h00. Almal is welkom.

• Spelers wat wil betrokke raak by hierdie sportsoort kan Hendrik von Wielligh (klubbestuurder) by 076 085 2003 vir nader besonderhede bel.

Tuks se span is:

 

Loose-Forward

13

Dolph Nel (Invitation Player)

Lock-Right

12

Rik Els

Lock-Left

11

Bennie Hoffman

Loose-Head

10

Johan Smit

Hooker

9

Wayne v/d Westhuizen

Prop

8

Frans Parsons

 

 

 

Half-Back

7

Deon Kraëmer (Capt)

Stand-Off

6

Christo Greyling

Wing-Right

5

Arno Wagner

Centre-Outside

4

Chester Mbekela

Centre -Inside

3

Pieter de Jager

Wing-Left

2

Derrick Reed

Full-Back

1

Henry Wiggins (Invitation Player)

 

 

 

Extra-Back

14

Rudi Coetzee

Reserve -Back

15

Ashley Hills (Invitation Player)

Extra-Forward

16

Werner Olivier

Reserve-Forward

17

Tewis Pretorius

Extra-Reserve

18

Marchelle Coetzee

 

 

 

COACH

 

Fanie Bredenhann

TEAM MANAGER

 

Stef Nel

 

 

 

TRAINER

 

Ronnie Erasmus

PHYSIOTHERAPIST

 

Carla Taljaard

 




Bookmark this page: