English |  Afrikaans |    
  
Rugby

Kampioen Maroela bly oonoorwonne

Deur Morris Gilbert

Gelaai op 15 Mei 2009

Maroela, Tuks se verdedigende koshuiskampioen, bly goed op koers vir nog ’n titel in die Steinhoff-winterliga.

Maroela het Dinsdag (12 Mei) sy derde oorwinning behaal toe hy Taaibos met 18-8 geklop het.

Maroela is die enigste onoorwonne span in Groep X en volpunte op die puntelys (15 uit 15).

Jaco Myburgh en Donovan Marais was Maroela se beste spelers, terwyl Francois Erwee vir Taaibos uitgemunt het.

Boekenhout en Sonop is die twee onoorwonne spanne in Groep Y. Op 12 Mei het Boekenhout met Kiaat klaargespeel (17-2), terwyl Sonop op ’n tegniese punt teen Olienhout gewen het (21-19).

Conrad Boshoff, TuksRugby se koshuisliga-bestuurder, het oor die gewysigde uitslag van die wedstryd tussen Olienhout en Sonop gesê al die deelnemende huise het ’n gedragskode onderteken.

“Al die huise weet goed wat ten opsigte van bepaald spankeuses toelaatbaar is en ons sal geen uitsonderings hierin maak nie,” het Boshoff bygevoeg.

Hoewel sowel Olienhout as Sonop punte weens hul verbreking van die gedragskode verbeur het, sal Olienhout himself skop omdat homself daardeur van ’n ooorwinning ontneem is. Toe die eindfluitjie blaas, was Olienhout die ‘wenner’ (27-26).

Kiaat en Zeus het ook punte verbeur, maar dit het nie die uitslag van hul onderskeie wedstryde beїnvloed nie.

Sonop se uitblinkers was Meiring de Clerq, Salwyn Schutze en Phillip van den Heever. Vir Olienhout het Richard de Vos, Riaan Swanepoel en Francois Slabbert stewig vertoon.

Ander uitslae:

Groep X: Mopanie 25 (uitblinkers: Ansius Vermeulen, Jacques Schoombee), Vividus 10 (uitblinker: SG Labuschagne); OP 49 (uitblinkers: Piet-Piet Swart, Frans van Heerden, Alan Louw), BHO 12 (uitblinker: Skonne de Beer).
 
Groep Y: Kollege 68 (uitblinkers: Chase Anderson, Steve Siccion, Greame Reaper), Zeus -2.


Bookmark this page:


Kommentaar

Stuur Kommentaar
Items gemerk met 'n * is verpligtend
Tenminste een van die items gemerk met ** moet ingevul word.


U Kontakinligting
Naam *
U E-posadres *
Onderwerp *
Boodskap *
Sekuriteitsbeeld *
Sekuriteitskode
Tik asb die kode in die beeld hier bo in. *