Tuks word as Klubatletiekkampioene gekroon
Deur Danie Cornelius
Gelaai op 08 April 2012
LJ van Zyl
Tuks was die wenners van die eerste Geelbladsye Interklub-Atletiekkampioenskap wat op Donderdag 5 April by die ABSA TUKS-stadion gehou is.
Die Tuks-atlete was op hulle stukke en kon die aanslag deur sewe ander spanne die hoof bied om die eerste prys van R100 000 te verower.
Alhoewel daar talle uitmuntende vertonings was, het Tuks se LJ van Zyl ongetwyfeld vir een van die hoogtepunte gesorg toe hy die laaste item van die aand, die 400 m hekkies, gewen het. Met sy wentyd van 49.42 s het hy die mees onlangse atleet geword om vir die Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.
Ten spyte van die aanvanklike sterk teenstand van die PUKKE het Tuks op die ou end oortuigend geseëvier. Die finale puntetellings was soos volg:
1 TUKS 133.5
2 NWU-PUKKE 115
3 Kovsies 98.5
4 UJ 88
5 Maties 85
6 Tygerberg-Northlink 76
7 Bellville 75.5
8 NMMU 49.5
|
|
|