English |  Afrikaans |    
  
Akademiese Administrasie
Akademiese Rekords en Transkripsies           
                                                       

 

Elke alumnus ontvang ’n akademiese rekord en graadsertifikaat wanneer hy gradueer. Latere versoeke vir akademiese rekords en graadsertifikate of vir transkripsies word deur die maatskappy          
MIE Background Screening hanteer. Om die versoek vorms af te laai klik hier.

Pryse

Kostes word gehef om administrasiekostes te dek volgens die kontrak tussen die Universiteit van Pretoria en MIE.

Stuur asseblief alle aansoeke of navrae tesame met volle kontakbesonderhede na die MIE Transkripsie Administrateur per epos na transcripts@mie.co.za. ’n Aansoekvorm en die produkbesonderhede sal na jou met epos gestuur word. 

Aansoekvorms en Bewys van Betaling

Aansoekvorms en bankbesonderhede is beskikbaar by die Transkripsie Administrateur by MIE (transcripts@mie.co.za). Getekende vorms saam met die bewys van betaling moet saam na MIE gefaks of ge-epos word. Geen aansoek sal daarsonder oorweeg word nie.

MIE se produkte sluit die volgende in:

PRODUKTE

PRYSE

Volledige Akademiese Rekord – Huidige studente wat akademiese rekords verlang, moet na die Kliëntedienssentrum by die Universiteit toe gaan. Die volledige akademiese geskiedenis van die student: lys van elke module geneem en die finale punt vir elke module. Hierdie inligting word direk van die Universiteit se sisteem afgetrek en word in Engels verskaf.

R125-00 – 3 kopieë van die rekord sal outomaties aan u versend word.

Vir addisionele kopieë sal ’n koste van R55-00 elk gehef word.

 

Akademiese Transkripsie met Leergang Inligting – Hierdie produk sluit die akademiese rekord in maar bied meer inligting oor die graadkursus, bv. die lengte van die graadkursus, ’n lys van die modules geneem en die lengte van elke module. Alle Afrikaanse inligting word na Engels vertaal.

R620-00 elk – sluit 1 kopie van die akademiese rekord in.

(R125-00 per addisionele kopie van die dokument)

Akademiese Transkripsie met Leerplan Inligting – Hierdie produk sluit die akademiese rekord in en al die inligting van die Akademiese Transkripsie met Leergang Inligting in, sowel as die beskrywing van elke aparte module wat geslaag is. Alle Afrikaanse inligting word na Engels vertaal.

R930-00 elk – sluit 1 kopie van die akademiese rekord in.

(R125-00 per addisionele kopie van die dokument)

Akademiese Transkripsie: Standaard Vraelys – Waar die verifikasieversoek vereis dat ’n vraelys ingevul word in verband met sekere aspekte van die kursus wat die Alumnus voltooi het. Hierdie produk sluit slegs die invul van vorms in wat tussen 1 en 5 bladsye lank is.

R435-00 elk – sluit 1 kopie van die akademiese rekord in.

(R125-00 per addisionele kopie van die dokument)

Akademiese Transkripsie: Uitgebreide Vraelys – Waar die verifikasieversoek vereis dat ’n vraelys ingevul word in verband met sekere aspekte van die kursus wat die Alumnus voltooi het. Hierdie produk sluit slegs die invul van vorms in wat 6 bladsye lank of langer is.

R620-00 elk – sluit 1 kopie van die akademiese rekord in.

(R125-00 per addisionele kopie van die dokument)

Sertifikaat herdruk: Afrikaans – Herdruk van die sertifikaat in Afrikaans.

R125-00 per sertifikaat

Sertifikaat herdruk: Engels – Herdruk van die sertifikaat in Engels.

R125-00 per sertifikaat

Koerierkoste (Verpligtend)

Sien Aansoekvorm

 9Jan2013