Verwelkomingsdag 2010
Deur Mia Badenhorst
Gelaai op 22 Januarie 2010
Studentelewe is LEWENDIG by Tuks! Dit is duidelik aan die Eerstejaarstudente en hul ouers gedemonstreer in die Piazza (Hatfieldkampus) tydens Verwelkomingsdag op 16 Januarie 2010.
Vividus, Zeus, NatHouse, Health House, LawHouse, OPVSC, House Humanities, Jakarandia, House EBIT, Commercii, House Theology, Stuku, StudentSport, TuksRag, Perdeby, TuksFM…almal het bygedra tot die feestelike atmosfeer in die Studentesentrum.
Alle Eerstejaarstudente het die boodskap gekry: sluit aan by ‘n Daghuis en/of ‘n Fakulteitshuis en ondersteun die aktiwiteite wat deur die Diensverskaffers aangebied word.
Wat meer kan ons sê as: Tuks of Niks!
|
|
|