English |  Afrikaans |    
  
Studentelewe

SIFE UP blink uit by die SIFE 2012 Nasionale Kompetisie

Deur Student Life/Studentelewe

Gelaai op 31 Julie 2012



Die lang ure wat hulle aan hul voorbereiding vir die Studente vir Vrye Ondernemerskap (SIFE) se 2012 Nasionale Kompetisie bestee het, was beslis die moeite werd vir die span van die Universiteit van Pretoria, wat na die finale rondte deurgedring het. Altesaam 27 instansies het aan die kompetisie deelgeneem en die UP-span het die derde plek verower.

Die mededinging was straf, maar SIFE UP se verteenwoordigers was opgewasse vir die taak en gereed om te beïndruk. Hul aanbiedings was foutloos en namate hulle van een rondte na die volgende gevorder het, het hul passie en geesdrif net toegeneem. Die span van SIFE UP se gedrag is deur hul nederigheid en vriendelikheid gekenmerk en hulle het nie net tydens die kompetisie alles in die stryd gewerp nie, maar het gesorg dat hulle dit ook geniet!
 
Na afloop van dié ondervinding was hul nog meer vasberade en gereed om hul projekte in verskeie gemeenskappe met hernude geesdrif voort te sit.  
 
Met harte wat so warm klop en hul opregte liefde vir hul gemeenskappe kan UP se SIFE-span net in een rigting beweeg, en dit is boontoe, of soos ons in Engels sou sê: “UP!”

Wees op die uitkyk vir hul tweede bewustheidsveldtog wat in September in die Piazza sal plaasvind en waartydens nuwe lede vir 2013 gewerf sal word.


Bookmark this page: