Klasverteenwoordigers: Leierskap en Volgelingskap
Deur Student Life
Gelaai op 21 Mei 2012
Meer as 200 klasverteenwoordigers van verskeie fakulteite het vandeesmaand ‘n lewendige leierskapswerkswinkel in die Roosmaryngebou bygewoon. Maar die fokus was nie net op leierskap nie; die hele konsep van volgelingskap is ook verken.
Vanuit die groepbesprekings en praktiese voorbeelde het dit duidelik geblyk dat niemand ‘n leier kan wees sonder volgelinge nie. Die studente het ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit sterk oortuiging en dapperheid verg van beide leiers en volgelinge om ‘n suksesvolle beweging te begin.
Deur die werkswinkel, aangebied deur Mia Badenhorst van die Departement Studentesake, is daar gepoog om die belangrikheid van etiese leierskap en positiewe rolmodelle te beklemtoon. Uit die terugvoer blyk dit dat hierdie doelwitte bereik is.
|
|
|