University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Student Life

Tuks Debatspan verower Silwermedaljes in Stellenbosch

By Mia Badenhorst

Posted on 10 March 2010



Twee spanne van die Universiteit van Pretoria het op 5 en 6 Maart 2010 teen vier ander universiteite gedebatteer in die Nasionale ATKV-debatskompetisie. Hierdie geleentheid is vanjaar deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied.

Die span van Jaco-Ben Vosloo, Shani van den Berg, Johan Higgins en Francois de Kock het na die finaal deurgedring en ‘n algehele tweede plek behaal. Elke spanlid het ‘n silwermedalje en R1 500 gewen.  

Professor Linda Schoeman-Malan (Adjunkdirekteur: Studentesake) het die studente vergesel, en sy was baie trots op die Tukkies se prestasie: “Hulle was ware ambassadeurs”. 

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit het vanjaar se Nasionale ATKV-debatskompetisie gewen.



Bookmark this page: