University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement Visuele Kunste


VOORGRAADSE PROGRAMME

BA Inligtingsontwerp (ID)

Die suksesvolle inligtingsontwerper (visuale kommunikasie ontwerper) is 'n professionele, hoogs gekwalifiseerde persoon wat 'n besluitnemende, strategiese rol speel in die skepping van die hedendaagse visuele omgewing. Ons leef in 'n wereld waar ons omring is deur woorde en beelde en dit is die ontwerper se verantwoordelikheid om oorspronklike oplossings tot kommunikasie probleme te vind. Lees meer…

BA Beeldende Kuns (FA)

‘n BA in Beeldende Kuns sal jou toerus met die vaardighede om as ‘n professionele kunstenaar ‘n mark te vestig deur uitstallings en opdragte. Ander alternatiewe sluit in om as ‘n kurator, kunsgallery direkteur of kunskonsultant te werk. Werk in die opvoedkundige sektor as ‘n onderwyser of dosent, sowel as die kreatiewe fasilitering in verwante kreatiewe kunsverenigings soos die nuwe mediabedryf, is ook moontlikhede. Lees meer…

BA (Visuele Studies) (VS)

Ons leef in ’n wêreld propvol allerlei soorte visuele boodskappe (byvoorbeeld TV, advertensies, reklameborde en die Internet). Visuele Studies stel u bekend aan die belangrike vaardighede wat u benodig om hierdie boodskappe te kan lees. Hierdie vaardighede sal u in staat stel om alle soorte visuele boodskappe te verstaan, te ontleed en te interpreteer. Lees meer…