English |  Afrikaans |    
  
Onderwyskonsultante

Onderwyskonsultante

Oorsig

Hierdie is 'n sentrale Universiteitsdiens wat alle akademiese personeel ten opsigte van hul professionele ontwikkeling ondersteun. Die Onderwyskonsultansiediens bied aangewese ondersteuning aan alle kategorieë van akademiese personeel aan die Universiteit, binne fakulteite om beste praktyk in onderrig, leer en assessering te bevorder. Die doelstellings van hierdie eenheid is om nuwe ontwikkelings en goeie praktyk te identifiseer, assesseer en te versprei om die leerervarings van studente sodoende te bevorder.

Akademici het 'n komplekse taak wat spesialiseering in verskeie area vereis.  Insig en kennis van 'n verskeidenheid van spesialisareas word slegs optimaal benut wanneer die lektor optimale metodes gebruik om hierdie bevoegdheid te deel.

Die Universiteit van Pretoria sien die haakplekke raak by die verskillende maniere van lesings aanbied en derhalwe word onderwyskonsltante (OK’s) in 'n posisie geplaas om as onderwys- en leeradviseurs op te tree. Hierdeur kan die kompetensie van die vak- en opvoedkundige spesialiste gekombineer word om onderwys deur opleiding, advies, samewerking en beplanning te optimaliseer.

Die OK's verstaan dat die tipe ondersteuning wat personeel benodig, sal wissel ooreenkomstig met die konteks en stadium van hul beroepe. Ons verstaan ook dat die werkstatus van verskillende tipes personeel verskillende tipes ondersteuning mag noodsaak.

Voel vry om u behoeftes met u fakulteitskonsultant te bespreek, wat u sal help om die beste oplossing vir die betrokke situasie te identifiseer.

 

Nuus

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods. Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
 
Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies - 20/05/2013
‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’
[Lees Meer]
 
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
[Lees Meer]
 
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
 
Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika - 14/05/2013
Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.
[Lees Meer]
 
Sentrum vir Menseregte teiken regters uit Afrika terwyl Opsionele Protokol in werking tree - 14/05/2013
Regters uit vyf Afrikalande (Botswana, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië en Uganda) het aangesluit by deelnemers uit 20 ander Afrikalande vir ’n kursus oor sosio-ekonomiese regte wat van 6 tot 10 Mei 2013 deur die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van Pretoria aangebied is.
[Lees Meer]