Wie is almal in hierdie netwerk betrokke?
In die eerste plek is dit die navorser wat die navorsingsprojek inisieer. Tweedens, het die navorser dikwels 'n noue verwantskap met sy/haar studieleier/promotor wat 'n belangrike rol in die hele navorsingsproses speel. Derdens is daar die gemeenskap wat die omstandighede of toestande bied waaruit die proefpersone en/of informante kom en waarbinne die navorsing onderneem word. Laastens is dit die proefpersone en/of informante wat sentraal is in die interafhanklike netwerk van die navorsingsprojek.
Samevattend kan gesê word dat die navorser 'n morele verpligting teenoor die gemeenskap en die Universiteit het om behoorlike en eties verantwoordbare navorsing te onderneem wat sowel ‘n akademiese bydrae as 'n diens aan die breër gemeenskap sal lewer.
|