English |  Afrikaans |    
  
Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking

KK&B wen Silwer by 15de PRISA PRISM-toekennings


Gelaai op 14 April 2011

Valdy Brinkman het die toekenning namens die Departement Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (KK&B) van die Universiteit ontvang van Daniel Munslow, 'n lid van die beoordelaarspaneel.
Valdy Brinkman het die toekenning namens die Departement Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (KK&B) van die Universiteit ontvang van Daniel Munslow, 'n lid van die beoordelaarspaneel.

Die Universiteit van Pretoria was die trotse ontvanger van 'n SILWER TOEKENNING vir hul UP LENTEDAG-VELDTOG in die kategorie: Interne Kommunikasie by die PRISA PRISM-toekennings in Kaapstad. Dit was die hoogste toekenning in hierdie kategorie en Absa Bank en die Liberty-groep het elk 'n brons toekenning ontvang. Ander inskrywings in die kategorie was die Stad Kaapstad en Media24.

Die PRISM-toekennings wat al 15 jaar lank bestaan, word toegeken aan professionele praktisyns in openbare betrekkinge en kommunikasie wat strategie, kreatiwiteit en professionalisme inweef in openbarebetrekkinge- en kommunikasieprogramme en strategieë wat ‘n toonbeeld is van ‘n suksesvolle veldtog.

Die toekennings word in 26 kategorieë en drie groepe aangebied, buiten die ses individuele kategorieë wat voorste professionele praktisyns geleentheid vir erkenning vir uitstekende werk bied. Die 2011-beoordelaarspaneel het bestaan uit die PRISM-toekenningspaneel bygestaan deur top-kommunikasiekenners van dwarsoor die land en vir die eerste keer ook, internasionale kenners.

Verlede jaar was daar meer as 80 inskrywings. Vanjaar het die aantal inskrywings meer as verdubbel tot 166, wat dit die kommunikasiebedryf se grootste toekenning maak. Die wenners is op Donderdag 24 Maart 2011 tydens ’n glansryke geleentheid by die Vineyard Hotel en Spa in Kaapstad bekend gemaak.



Bookmark this page: