Universiteit van Pretoria vier Mandeladag
Deur Sanku Tsunke
Gelaai op 01 Augustus 2012
From left to right - Violet Mojapelo (Former pupil), Vice-Chancellor and Principal of the University of Pretoria, Prof Cheryl de la Rey, The Acting Principal of Mononong Primary School, Mrs Shirley Nkoana, and Charity Somo (Former pupil).
Meer as 20 personeellede en studente van die Universiteit het Mandeladag gevier deur deel te neem aan ’n opknappingsprojek by ’n skool in Mamelodi, waar hulle 12 klaskamers geverf het.
Die Laerskool Mononong bestaan reeds 34 jaar, maar die mure is nooit in al die jare oorgeverf nie. Dié situasie het egter verander toe ’n geesdriftige span personeellede en studente van die Universiteit van Pretoria onlangs daar opgedaag het. Die studente wat aan die opknapping van die skool deelgeneem het, het twee oudleerlinge, Charity Somo en Violet Mojapelo, ingesluit.
Charity, ’n graduandus van die Universiteit van Pretoria, het haar skoolloopbaan in 1990 by die Laerskool Mononong begin en was tot in 1993 ’n leerder daar. Sy is tans besig met ‘n meestersgraad in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy glo dat die tyd wat sy by die Laerskool Mononong deurgebring het ’n geweldige bydrae tot haar akademiese prestasies gelewer het, aangesien die personeel ’n begeerte om te leer by die leerders aangewakker het.
Violet, ’n IT-spesialis, wat ook vanaf haar Graad 1-jaar in 1994 tot in 2000 ’n leerder by dié skool was, was verheug oor die geleentheid om haar ou skool te help en ’n verskil te maak. Ook sy het haar akademiese sukses toegeskryf aan die betrokkenheid en toewyding van die personeel, wat verseker het dat hul leerders ’n begeerte ontwikkel het om te leer en van jongs af besef het hoe waardevol ’n goeie skoolopleiding is.
Die Waarnemende Hoof van die skool, mev Shirley Nkoana, het die inisiatief verwelkom en het haar dank teenoor die Universiteit van Pretoria uitgespreek.
.jpg)
Prof WJ Schoeman from Department of Chemistry and Salisu Garba from Department of Mathematics at the University of Pretoria, ensured that the class is revitalised
.jpg)
Prof Cheryl de la Rey interacting with the pupils at Mononong Primary School
.jpg)
Students from University of Pretoria (from left to right) Joy Sitole, Refilwe Maribe, Sinethemba Sokhela and Roseline Sekhaolelo (squatting)
.jpg)
From left to right - Mr Lawrence Makondo: Institutional Development and Support Officer from Gauteng Department of Education, Prof W.J Schoeman from Department of Chemistry at the University of Pretoria, Mrs Shirley Nkoana - The Acting Principal of Mononong Primary School, and Mrs Mokoena - an educator at the school.
|