English |  Afrikaans |    
  
Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking

Meer oor ons

Die Universiteit van Pretoria het in 2006 begin om die Universiteit se beeld en handelsmerk te herskik en te herbepaal. Die nuwe UP-handelsmerkstrategie is in 2007 bekend gestel as deel van die totale strategiese plan: Innovasiegenerasie: Skepping van die toekoms 2007-2011. Die handelsmerkstrategie sluit ‘n verbeterde logo in, daar word beplan om die tekortkominge in handelsmerkkonsekwentheid aan te spreek en ‘n nuwe gekoördineerde advertensie- en mediaseleksie word daargestel.

UP het ‘n sterk mediateenwoordigheid en die Departement Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (KK&B) publiseer ‘n aantal uitstekende publikasies en het ‘n uitgebreide webwerf. 

Die Departement bestaan uit die volgende eenhede:

  • Bemarking & Korporatiewe Kommunikasie
  • Funksies / Uitreikaksies

KK&B  werk in 2008 ook nou saam met die Eeufeeskantoor wat gevestig is om die Eeufeesvieringe, sowel as die Departement van Kulturele Sake wat voorheen deel van KK&B was, te fasiliteer en te bestuur.