University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie

Welkom by die Departement Spraak-Taalpatologie en Oudiologie

“The inability to communicate is not a loss of life, but a loss of access to life.” Kies 'n beroep wat werklik 'n verskil kan maak!

Die Departement Kommunikasiepatologie bied wêreldklas opleiding vir 'n professionele kwalifikasie in oudiologie of spraak-taalterapie. Nagraadse grade met spesialisering in navorsing word onder leiding van ervare akademiese personeel aangebied.

Wat is 'n oudioloog?

Oudioloë is professionele mense wat onafhanklike praktyke bedryf om gesonde gehoor, kommunikasievermoëns en lewenskwaliteit vir mense van alle ouderdomme te bevorder deur die voorkoming, identifikasie, assessering en rehabilitasie van gehoor, ouditiewe funksies, balans en ander verwante sisteme (ASHA, 2004).

Wat is 'n spraak-taalterapeut?

Die beoefening van spraak-taalpatologie sluit in voorkoming, diagnose, habilitasie en rehabilitasie van siektes in die kommunikasie-, sluk- of ander boonste spysverteringsholtes, gekose verandering van kommunikasiegedrag en versterking van kommunikasie (ASHA, 2001).    
 

Nuus

Castle Lager, Mark Boucher en die VeterinÍre Genetikalaboratorium plaas renosters in veilige hande - 19/09/2014
Die krieketster Mark Boucher is nie net Ďn sportkampioen nie, maar ook Ďn toegewyde mens wat daadwerklik help om renosters teen uitwissing te beskerm. Na sy uittrede uit krieket het hy saam met Castle Lager die Castle Lager Boucher Erflating Ė Renosters in Veilige Hande gestig. Boucher het besluit om spesifiek die UP se VeterinÍre Genetikalaboratorium (VGL) te ondersteun en wil genoeg geld insamel om al die renosters in Suid-Afrika op die DNS-databasis van die VGL, bekend as RhODIS, te registreer.
[Lees Meer]
 
Daspoortkliniek vier 50 jaar! - 19/09/2014
Mediese studente en studente in die gesondheidsorgwetenskappe verskaf reeds 50 jaar lank gratis primÍre gesondheidsorg en ondersteunende intervensies in Daspoort aan behoeftige pasiŽnte.
[Lees Meer]
 
Ontsluit die geheime van weerlig - 19/09/2014
In Suid-Afrika sterf daar elke jaar ongeveer 80 tot 100 mense as gevolg van weerlig, en nagenoeg sewe keer soveel mense word getref en oorleef. Dr Ryan Blumenthal, ín senior spesialis in die Departement Forensiese Geneeskunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by die Universiteit van Pretoria se, doen al langer as tien jaar navorsing oor die uitwerking van weerlig op die menslike en die dierlike liggaam en is baie kundig oor die risikoís wat met hierdie wispelturige en onvoorspelbare natuurverskynsel gepaardgaan.
[Lees Meer]
 
Dubbele taksonomie-aanstellings op internasionale kommissies vir twee UP- mikrobioloŽ - 17/09/2014
Twee personeellede verbonde aan die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, en navorsers verbonde aan FABI, is onlangs gekies om op die internasionale liggame wat bakteriŽle en swam-taksonomie beheer, te dien.
[Lees Meer]
 
Sedibeng Water en UP - 15/09/2014
Op 9 September 2014 het die Departement Chemiese Ingenieurswese die die Sedibeng Water-leerstoel in Waterbenuttingsingenieurswese bekend gestel. Hierdie leerstoel is 'n samewerkingsinisiatief vir navorsing tussen UP en Sedibeng Water. Die geleentheid is bygewoon deur sleutelrolspelers in die bedryf en UP-personeel. Sleuteltoesprake is gelewer deur UP se prof Roelf Sandenbergh, prof Philip de Vaal, prof Evans Chirwa en mnr R Takalani, Direkteur: Korporatiewe Dienste en Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van Sedibeng Water.
[Lees Meer]
 
UP werk saam aan ín projek om honger en ondervoeding die hoof te bied - 12/09/2014
Die Universiteit van Pretoria (UP) sal een van die instansies wees wat saamwerk aan ín reeks projekte wat gebaseer is op die beste idees en strategieŽ wat wÍreldwyd gegenereer is om oplossings te vind vir die honger en ondervoeding wat in sommige van die wÍreld se mees meedoŽnlose landboustreke aangetref word.
[Lees Meer]
 
Dekaan van Opvoedkunde verkies tot ondervoorsitter van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns - 11/09/2014
Prof Irma Eloff was tydens die onlangse Raadsvergadering van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies tot Ondervoorsitter.
[Lees Meer]
 

  

 




Mees algemene gestremdheid in die wereld

Wat dink jy is die mees algemene gestremdheid in die wereld?

Fisiese gestremdheid 12 (29.27%)

Visuele gestremdheid 3 (7.32%)

Gehoorverlies 26 (63.41%)