University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Golden Key

Departement Studentesake

Spesiale Programme

Golden Key International Honour Society


Golden Key is 'n Internasionale nie-winsgewende organisasie wat by meer as 370 universiteite in Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Maleisië, Suid-Afrika, Indië en die Verenigde State van Amerika erken word.


Membership into Golden Key is by invitation only, to the top 15% of university students. Selection is based solely on the criteria of their academic achievements.

The Society’s mission is to enable members to realize their potential by connecting individual achievement with service and lifelong opportunity.
 

 

Nuus

Foto's praat harder as woorde - 22/07/2014
Rory du Plessis, dosent in Visuele Kultuurstudies in die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit van Pretoria, is pas terug van ín beursbesoek aan die Max Planck-instituut vir Wetenskapgeskiedenis (MPIWG) in Berlyn. Die beurs wat aan hom toegeken is, maak deel van sy interdissiplinÍre doktorale studie uit en sy navorsingsgroep het die onderwerp "Ontmoetings tussen Geneeskunde, Letterkunde en Filosofie en die Verskyning daarvan in Openbare Debatte" bestudeer.
[Lees Meer]
 
Nobelprys-laureaat vier wetenskap op Mandeladag - 22/07/2014
ĎWetenskaplikes is mal oor hulle werk en elke dag bestaan die moontlikheid dat hulle iets nuuts en opwindends kan ontdek,í het prof Martin C Michel gesÍ tydens die verwelkoming van die gaste by die Mandeladag Openbare Lesing op 18 Julie 2014.
[Lees Meer]
 
UP-Yale-span ontvang internasionale toekenning vir uitnemende kinderverwante navorsing - 22/07/2014
Die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Irma Eloff, het op 22 Julie 2014 in Melbourne, AustraliŽ, namens die UP-Yale-navorsingspan ín internasionale toekenning vir uitnemende navorsing ontvang. Die span het onder leiding van prof Eloff en dr Brian Forsyth van Yale-universiteit gestaan.
[Lees Meer]
 
Skade sal bly waar dit aangerig is as hidrobreking voortgaan, waarsku UP-professor in regsgeleerdheid - 21/07/2014
Prof Birgit Kuschke verwys na ín saak waaraan min regsgeleerdes in Suid-Afrika aandag gee. Kuschke is een van slegs ín paar regsakademici wat tans die kwessie van versekering teen omgewingskade ondersoek. Voorheen het sy na sake soos geneties gemodifiseerde organismes, elektromagnetiese velde en toksiese skimmel gekyk en nou het haar aandag na die regsgevolge van hidrobreking verskuif. Hoewel talle mense kommer uitspreek oor die ernstige gevolge van hidrobreking vir die omgewing, soos skade aan waterstelsels en die migrasie van besoedeling, word die geweldige regs- en finansiŽle gevolge, veral vir die versekeringsbedryf, nie bespreek nie.
[Lees Meer]
 
UP-kore blink uit op WÍreldkoorspele - 21/07/2014
Die UP Jeugkoor en die UP Cameratakoor het deelgeneem aan die WÍreldkoorspele, ook bekend as die 'Olimpiese Spele vir Kore', wat van 9 tot 14 Julie in Riga, Letland, gehou is. Albei kore het uitsonderlik goed gevaar en saam nie minder nie as vyf goue medaljes gewen.
[Lees Meer]
 
'UP is ín goeie voorbeeld van die vordering met positiewe verandering in Suid-Afrika' - 18/07/2014
Dit is die mening van emeritus-regter Albie Sachs, wat op 14 Julie sy jongste boek, Albie Sachs and the Transformation in South Africa, bekend gestel het. UP se Departement Regsleer in die Fakulteit Regsgeleerdheid, in samewerking met die uBuntu-projek, het die boekbekendstelling in die Musaion op die Hatfieldkampus aangebied. Die boek het ín noue band met UP aangesien twee van ons eie professore, Drucilla Cornell en Karin van Marle, die medeskrywers daarvan is.
[Lees Meer]
 
Dramastudent aangewys as Ďbeste regisseurí op die 2014-Studentefees van die Nasionale Kunstefees op Grahamstad - 18/07/2014
ín UP Dramastudent, Gopala Davies, het die gesogte toekenning vir Ďbeste regisseurí gewen op die 2014-Studentefees van die Nasionale Kunstefees vir sy produksie Barbe Bleue: a story about madness. Die produksie was die Departement Drama se amptelike inskrywing vir die NKF se Studentefees. Sewentien instellings het aan die fees deelgeneem, van dramadepartemente aan tradisionele universiteite tot privaat opleidingsinstellings. Barbe Bleue is ín fisies gedrewe opvoering wat die uitwerking van kranksinnigheid op ín verhouding uitbeeld.
[Lees Meer]
 


Subscribe to our mailing list

Frequency of Emails



Quick Poll

Het jy al voorheen van Golden Key gehoor?

Ja 67 (29.91%)

Nee 9 (4.02%)

Nee, maar ek stel belang om meer uit te vind oor Golden Key 42 (18.75%)

Ja, Ek sal graag meer betrokke will raak by Golden Key. 106 (47.32%)