University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Innovate

Nuus

TuksSport-atlete neem deel aan Statebondspele - 25/07/2014
Die 2014 Statebondspele (amptelik die XX Statebondspele) word van 23 Julie tot 3 Augustus in Glasgow, Skotland gehou. Dit is die derde grootste multisportbyeenkoms naas die Olimpiese Spele en die Asiatiese Spele, en sal die grootste multisportbyeenkoms wees wat nog ooit in Skotland plaasgevind het. Ongeveer 4 560 atlete sal aan 17 verskillende sportsoorte deelneem.
[Lees Meer]
 
UP-personeellid bevind haar in ín ander liga - 25/07/2014
Fatima Cassim, wat aan die hoof van die Afdeling Inligtingsontwerp in die Departement Visuele Kunste van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria staan, is van mening dat ontwerp toenemend die moontlikheid inhou om oplossings te bied vir sommige van die ingewikkelde maatskaplike, omgewings- en politieke probleme wat die samelewing in die gesig staar. Sy glo in die besonder dat ontwerpdenke as ín probleemoplossingsmetode kan bydra om ín nuwe toekoms in die vooruitsig te stel en moontlik te maak en om burgers te mobiliseer om toenemend en op meer betekenisvolle maniere tot aksie oor te gaan. Ooreenkomstig hierdie beskouing lÍ sy haar in haar doktorale proefskrif aan UP op ontwerpaktivisme en ontwerpburgerskap toe.
[Lees Meer]
 
Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsing in Limpopo baan weg vir opwindende samewerking oor prostaatkanker - 24/07/2014
Die Departement Urologie en die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Pretoria (UP) werk oor die afgelope twaalf jaar mee aan die ontwikkeling van gesondheidsnavorsing in die Vhembe-distrik van die Limpopo-provinsie. Die teenwoordigheid van UP in die Thohoyandou-gebied het gelei tot ín samewerkende vennootskap met PHAKAMISA, ín wÍreldwye erkende toegangsprogram wat ten doel het om ín direkte invloed te hÍ op die uitkomste van die behandeling en sorg van kankerpasiŽnte asook die behoeftes van diegene wat hierdie gevreesde bestuur. Dit sluit die ondersteuning van gesondheidsorgverskaffers en prostaatkankerpasiŽnte in.
[Lees Meer]
 
UP-graduandus in Beeldende Kunste algehele wenner in Absa LíAtelier-kunskompetisie 2014 - 24/07/2014
Die Absa LíAtelier-kunskompetisie is Suid-Afrika se toonaangewendste jaarlikse kunsgebeurtenis. ín Toekenning in hierdie kompetisie sorg nie net dat Suid-Afrika se opkomende kunstenaars erkenning ontvang nie maar gee ook aan hulle die geleentheid om hul talent in die buiteland te ontwikkel. Die kompetisie word met die samewerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA) aangebied. Liberty Battson, wat onlangs aan UP haar graad ontvang het, is vanjaar as die algehele wenner van 2014 aangewys.
[Lees Meer]
 
UP se dr Phatho Cele Zondi aangestel as Hoof Mediese Beampte vir Span SA by 2014 Statebondspele - 23/07/2014
Dr Phatho Cele Zondi, dosent in Sportgeneeskunde by UP, is as Hoof Mediese Beampte vir die Suid-Afrikaanse span by 2014 se Statebondspele in Glasgow, Skotland aangewys. Diť spele vind van 23 Julie tot 3 Augustus plaas.
[Lees Meer]
 
Foto's praat harder as woorde - 22/07/2014
Rory du Plessis, dosent in Visuele Kultuurstudies in die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit van Pretoria, is pas terug van ín beursbesoek aan die Max Planck-instituut vir Wetenskapgeskiedenis (MPIWG) in Berlyn. Die beurs wat aan hom toegeken is, maak deel van sy interdissiplinÍre doktorale studie uit en sy navorsingsgroep het die onderwerp "Ontmoetings tussen Geneeskunde, Letterkunde en Filosofie en die Verskyning daarvan in Openbare Debatte" bestudeer.
[Lees Meer]
 
Nobelprys-laureaat vier wetenskap op Mandeladag - 22/07/2014
ĎWetenskaplikes is mal oor hulle werk en elke dag bestaan die moontlikheid dat hulle iets nuuts en opwindends kan ontdek,í het prof Martin C Michel gesÍ tydens die verwelkoming van die gaste by die Mandeladag Openbare Lesing op 18 Julie 2014.
[Lees Meer]