English |  Afrikaans |    
  
Studentesake

Studentelewe

Tuks FM

Tuks FM maak geskiedenis

Tuks FM is in 1981 gestig en, deur sy tradisie van plaaslike musiek, was die stasie die oorsprong van talle musikante en vermaaklikheidsterre wat vandag huishoudelike name is.

Aanvanklik het Tuks FM slegs na die Universitiet van Pretoria se Hoofkampus uitgesaai en tussen 1982 en 1984 is uitsaaipunte uitgebrei om aan al die koshuise sowel as die Onderstepoort en Mediese kampusse te voorsien. In 1995 het die stasie sy eerste eenjaar-uitsaailisensie bekom. Die uitsaaidiens is op die 107.2 frekwensie teen 100W aan die groter Pretoria area gelewer.

In 2012 het Tuks FM sewe toekennings verwerf by die MTN Radio Awards wat die titel as die Beste Kampus Radiostasie van die jaar 2012 insluit. Met suksesvolle rock-konserte en debute van plaaslike en internasionale talent, is Tuks FM omskep in ‘n gemeenskapsradiostasie wat deur die industrie as die tëelaarde van top talent vir kommersiële radio erken word.

Luisteraarsprofiel

Tuks FM teiken die jeugmark en fokus spesifiek op jong werkendes, studente en hoërskoolleerders. Volgens RAMS het Tuks FM sowat 50 000 luisteraars.

Tuks FM is ook deesdae ‘n prominente handelsnaam op sosiale netwerke met meer as 46 000 ‘likes’ op Facebook en 10 000 aanhangers op Twitter.

Die Tuks FM-span

Tuks FM ontvang jaarliks 600 aansoeke om 60 vrywillige poste by die stasie te vul. Studente van UP word in alle radiodepartemente in diens geneem, wat insluit DJ’s, Nuus, Musiek, Produksie, Bemarking en Tegniese aspekte.

Nuwe webtuiste

Vir meer inligting oor Tuks FM, gaan besoek die nuwe webtuiste by www.tuksfm.co.za.

Kontak

Studionommer: 012 362 1072
Kantoornommer: 012 362 5316
Faksnommer: 086 699 1072
Algemene navrae: info@tuksfm.co.za
Twitter: @TuksFM1072 & @TuksFMNews
Facebook: http://www.facebook.com/TuksFM

Fisiese adres

Eerste Vloer
Studentesentrum
Hatfieldkampus
University van Pretoria
Lynnwoodweg
Pretoria