English |  Afrikaans |    
  
Departement Ekonomie

Navorsing deur dr Roula Inglesi-Lotz lok belangstelling van die 'University World News'

Deur Department of Economics

Gelaai op 15 Augustus 2012

Dr Roula Inglesi-Lotz
Dr Roula Inglesi-Lotz

Onlangse navorsing wat deur dr Roula Inglesi-Lotz, Senior Dosent by die Departement Ekonomie, in samewerking met prof Anastassios Pouris van die Instituut vir Tegnologiese Innovasie gedoen is, het die belangstelling van die University World News, ’n internasionale koerant en webblad wat verwikkelinge op die gebied van hoër onderwys wêreldwyd publiseer, geprikkel.



    
University World News
     

In hul artikel getiteld “The Influence of Scientific Research Output of Academics on Economic Growth in South Africa: An autoregressive distributed lag (ARDL) application”, wat in die joernaal Scientometrics gepubliseer is, argumenteer hulle dat Suid-Afrika se akademiese navorsingsuitset – gepubliseerde artikels soos teen die res van die wêreld opgemeet – as ’n faktor beskou kan word wat die land se ekonomiese groei soos deur die bruto binnelandse produk (BBP) bepaal, beïnvloed. Die bestaan van so ’n verhouding kan ’n kragtige instrument wees in die Suid-Afrikaanse wetenskap-en-tegnologie-gemeenskap se doelwit om skaars hulpbronne te ontwikkel.   

 
 


Bookmark this page: