University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Die Nasionale Weefselbank


Augustus is Weefselskenker maand!


Die Nasionale Weefselbank se werk is tweevoudig:

Weefsel- en Orgaan Skenking - klik hier     Kwaliteit Transplantaat Produkte - klik hier
 

Nuus

UP doen proefnemings om die betroubaarheid van IDEXX se nuwe toets vir dragtigheid by koeie te bepaal - 17/10/2014
Verhoogde dragtigheidskoerse onder vee beteken hoŽr winste vir suiwel- en vleisboere. IDEXX, ín internasionale maatskappy wat by die vervaardiging van diagnostiese produkte op die gebied van dieregesondheid betrokke is, het die Universiteit van Pretoria onlangs genader met ín versoek om ín projek te onderneem ten einde hulp te verleen met die ontwikkeling van betroubare, koste-effektiewe metodes vir die diagnosering van dragtigheid by vee. Dit het gelei tot proefnemings wat in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf uitgevoer word ten einde die betroubaarheid van dragtigheidstoetste vir beeste te bepaal.
[Lees Meer]
 
Akademikus van Departement Chemie wen prys - 16/10/2014
Tydens die onlangse konferensie van die Nasionale Vereniging vir Skoon Lug wat op 9 en 10 Oktober in Umhlanga gehou is, is die prys vir die Beste Wetenskaplike Referaat aan dr Patricia Forbes oorhandig.
[Lees Meer]
 
Professor Maxi Schoeman ondersoek kwessies rakende menslike sekuriteit by die Uppsala-universiteit in Swede - 16/10/2014
Professor Maxi Schoeman, hoof van die Departement Politieke Wetenskappe by die Universiteit van Pretoria, is tans die elfde bekleŽr van die Claude Ake-besoekersleerstoel by die Uppsala-universiteit in Swede, waar sy die geleentheid gebied is om haar navorsing drie maande lank in ín rustige omgewing voort te sit.
[Lees Meer]
 
IUFRO stel prof Mike Wingfield aan as nuwe President - 14/10/2014
Die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO) het die aanstelling van prof Mike Wingfield as die organisasie se nuwe President op 10 Oktober 2014 aangekondig. Die Internasionale Raad van die IUFRO het hom verkies gedurende ín vergadering by die 24ste WÍreldkongres van die IUFRO, wat plaasgevind het in Salt Lake City, Utah, die Verenigde State van Amerika.
[Lees Meer]
 
Lemur interaktiewe area by Bester Birds Dieretuin - 11/10/2014
Twee groepe studente wat ingeskryf is vir die Gemeenskapsgebaseerde Projek Module (JCP) van die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-Omgewing en Inligtingstegnologie het Ďn interaktiewe area vir die lemurs by Bester Birds Dieretuin gebou. Die nuwe interaktiewe area vir lemurs is op Vrydag, 10 Oktober geopen en gee besoekers die geleentheid om die lemurs te voer.
[Lees Meer]
 
Hoe meer termiete, hoe gelukkiger is die maanhaarjakkals - 08/10/2014
Wat het maanhaarjakkalse (ook bekend as erdwolwe) en walvisse met mekaar gemeen? Albei is kieskeurige eters, soveel so dat hulle oor en oor dieselfde ding eet. Soos wat die geval met sommige walvisse en plankton is, net so sal die maanhaarjakkals eerder minder eet as om sy spyskaart af te wissel en enige iets anders as sy gunstelingtermiete te eet.
[Lees Meer]
 
Nagraadse Biochemie-student wen eerste prys by SASBMB - 08/10/2014
Dina Coertzen, 'n PhD-student in die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het onlangs die eerste prys gewen (toekenning vir die vir die mees verdienstelike plakkaat) by die 24ste Kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Biochemie en MolekulÍre Biologie (South African Society for Biochemistry and Molecular Biology Ė SASBMB).
[Lees Meer]