Oorsig van nagraadse studie by UP
In 1996 het die Universiteit van Pretoria die universiteit met die hoogste navorsingsuitsette in Suid-Afrika geword. UP beklee steeds dié posisie. Die Universiteit is as een van die 500 topuniversiteite in die wêreld gelys en is een van slegs vier Suid-Afrikaanse universiteite wat hierdie prestasie kon behaal.
Die missie van die Universiteit van Pretoria onderskryf duidelik die doelwit dat ons daarna strewe om 'n internasionaal gerekende Suid-Afrikaanse onderrig- en navorsingsinstansie te wees wat uitstekende onderrig oor 'n wye spektrum van akademiese dissiplines lewer.
Die Universiteit sien nagraadse onderrig en navorsig as onafskeidbaar. Ons fokus op en ondersteun kwaliteit- nagraadse programme wat tot navorsinggebaseerde hoër grade lei. Die Universiteit van Pretoria stel dit ten doel om die beste nagraadse studente in Suid-Afrika asook internasionaal te werf en te behou om aan hierdie programme deel te neem. Op dié wyse ondersteun dit die internasionaliseringspogings van die Universiteit se aktiwiteite en trek UP en die land voordeel uit die talent wat by die Universiteit aansluit.
UP moedig nagraadse studente aan om in velde te werk wat van belang is vir ontwikkelende lande wêreldwyd, maar veral in daardie gebiede wat tot Suid-Afrika relevant is. Ons wil ook graag meer nagraadse studente werf, aangesien ons verstaan dat die Universiteit se reputasie as leidende akademiese instelling direk aan kwaliteit- nagraadse studie gekoppel is.
As deel van die strategie om nagraadse studie meer toeganklik te maak, stel die Universiteit dit ook ten doel om gepaste aanmoedigingskemas daar te stel vir nagraadse studente uit groepe wat voorheen benadeel was en om vir sulke studente die geleentheid te gee om akademiese loopbane aan die Universiteit van Pretoria voort te sit.
Die nagraadse programaanbieding sluit die volgende in:
- Nagraadse sertifikate en diplomas
- Honneursgrade (een jaar voltyds en twee jaar deeltyds)
- Meestersgrade (een jaar voltyds en twee jaar deeltyds; alle meestersprogramme sluit 'n navorsingskomponent in)
- Meestersgrade per dissertasie
- Doktorsgrade
|
Nagraadse programaanbieding *
|
|
|
Aantal programme
|
|
Jaar
|
2002
|
2003
|
2004
|
2005
|
2006
|
|
Nagraadse sertifikaat / diploma
|
45
|
42
|
38
|
37
|
36
|
|
Honneursgraad
|
407
|
387
|
376
|
365
|
323
|
|
Meestersgraad
|
784
|
738
|
718
|
703
|
678
|
|
Doktorsgraad
|
458
|
412
|
385
|
381
|
372
|
|
Totaal
|
1 694
|
1 579
|
1 517
|
1 486
|
1 409
|
* Sluit nie programme in wat nie na kwalifikasie lei bv. Nagraads Spesiaal

|