English |  Afrikaans |    
  
Praktiese Teologie

Nuwe Aanbidding in Afrika Navorsingsgroep


Gelaai op 19 April 2012

Die nuwe Aanbidding in Afrika Navorsingsgroep (AANG) van die Departement Praktiese Teologie het op 13 April 2012 ‘n mini-konferensie met die tema ‘Profetiese Prediking’ gehou.

Die sprekers was prof Leonora Tubbs Tisdale, professor van Aanbidding en Prediking by Yale Universiteit en prof Hennie Pieterse. Na afloop van die twee uitstekende referate het die groep ‘n insiggewende bespreking oor die betrokke onderwerp gehou. Prof Tisdale het kopieë van haar boeke, getiteld Prophetic Preaching. A Pastoral Approach (WJK) en Teaching Preaching as a Christian Practice (met mederedakteur Thomas Long) aan UP se biblioteek geskenk. Gedurende die dag is die besoekers op ‘n begeleide toer van Pretoria geneem, met prof Pieterse as toerleier, en die aand het hulle ‘n ete saam met hul gashere geniet.

Die AANG gaan later vanjaar prof Marcel Barnard van Nederland en dr Abamfo Atiemo van Ghana ontvang. Vir enige verdere navrae, skakel met Cas Wepener by cas.wepener@up.ac.za of besoek teo.co.za en kliek op die skakel ‘Liturgie’.

Bookmark this page: