Prof Thomas Hugo le Roux het internasionale erkenning geniet as hoogleraar en taalkundige.
Nadat hy sy BA-graad aan die Victoria Kollege in Stellenbosch voltooi het, het Prof Le RouxSuid-Afrika in 1904 tydelik verlaat om sy studies aan die Leiden Universiteit in Nederland voort te sit. In 1910 verwerf hy sy PhD-graad in de Nederlandse Letteren. Kort daarna keerhy na Suid-Afrika terug en aanvaar ‘n professorskap in Nederlands en Moderne Tale (Frans en Duits) aan die destydse Transvaal Universiteit Kollege (TUK). Vanaf 1918 fokus Prof LeRoux egter uitsluitlik op die ontwikkeling en bevordering van die Afrikaanse taal – in lyn met die heersende politieke klimaat van die dag. Hy was mede-outeur van ‘n verskeidenheidboeke, insluitende Middelnederlandse Grammatika, Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans, Afrikaanse Fonetiek en die Uitspraakwoordeboek van Afrikaans. Hy het ook die drama Esmoreit geskryf. Prof Le Roux was ook betrokke by die publikasie van verskeie tydskrifte, insluitende diebekende Afrikaanse Taalstudies. In 1910 het hy aangesluit by De Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde by die Leiden Universiteit en in 1913 word hy ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy was ook ‘n raadgewer vandie Bybelgenootskap, Voorsitter van die Pretoria Werkersgemeenskap, Voorsitter van die Hertzog-anale se redaksionele raad, Voorsitter van die SAUK se Taaladvieskommissie en Voorsitter van die komitee vir die Beskerming van die Afrikaanse Atlas.In 1961 is hy aangewys as ere-lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1963 het die Universiteit van Pretoria ‘n DLitt eredoktorsgraad aan hom toegeken.
Prof Thomas Hugo le Roux earned international recognition as a professor and linguist. After completing his BA degree atthe Victoria College in Stellenbosch, Prof Prof Le Roux left South Africa for a while in 1904 to continue his studies at the Leiden University in The Netherlands. In 1910 he obtained his PhD degree in de Nederlandse Letteren. He returned to SouthAfrica shortly afterwards and accepted a chair in Dutch and Modern Languages (French and German) at the former Transvaal University College (TUC). However, from 1918, Prof Prof Le Roux focused exclusively on the development and promotion ofthe Afrikaans language – in line with the polical climate of the day. He was co-author of a variety of books outeur, including Middelnederlandse Grammatika, Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans, Afrikaanse Fonetiek and the Uitspraakwoordeboekvan Afrikaans. He also wrote the drama Esmoreit. Prof Prof Le Roux was involved in the publication of various journals, including the well-known Afrikaanse Taalstudies. In 1910, he joined De Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde at the LeidenUniversity and in 1913 became a member of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. He was also an advisor of the Bible Society, Chairperson of the Pretoria Workers’ Community, Chairperson of the editorial board of the Hertzog Annals,Chairperson of the Language Advisory Commission of the SABC and Chairperson of the Committee for the Protection of the Afrikaans Atlas. In 1961, he was nominated as an honorary member of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.In 1963, he was awarded an honorary doctorate, DLitt by UP.