Akademiese programme
Die Departement Ekonomie bied ‘n groot verskeidenheid kursusse en grade aan vir voorgraadse en nagraadse studente, sowel as kortkursusse vir mense wat belangstel om hul vaardighede en kennis in verskeie aspekte van ekonomie en ekonometrie te verbeter.
Globaal kompeterend en plaaslik relevant
Die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria is toegewyd tot die Universiteit se visie om globaal kompeterend en plaaslik relevant te wees. Ons kursusse en programme is in lyn met die beste internasionale praktyke wat ons studente in staat stel om ‘enige plek ter wêreld te werk en speel’.
Akademiese leierskap in navorsing
Ons Fakulteit sluit erkende leiers op die gebied van navorsing in. Hierdie navorsingsleiers publiseer wyd in areas wat verwant is aan monetêre en fiskale groei, ekonomiese groei en ontwikkeling, internasionale handel, gesondheidsbeleid, finansiële markte en ekonomiese voorspelling. Ons tref soms reëlings dat navorsingsdeskundiges beleidspesifieke navorsingsprojekte onderneem vir verskeie plaaslike en nasionale regerings, plaaslike en internasionale besighede, sowel as plaaslike, nasionale en internasionale instellings.
Akademiese leierskap in onderrig
Die Universiteit van Pretoria bied elke jaar vir derduisende studente onderriggeleenthede aan. Die Departement Ekonomie, as deel van ‘n groot residensiële universiteit, staar baie beperkings wat verwant is aan onderrig in die gesig. Die Departement Ekonomie is egter daaraan toegewyd om sy studente die geleentheid te bied om te ontwikkel en die werkende mense van môre te word. Ons bied uitstekende studieklasse aan vir studente wat met hul klasse sukkel en ons monitor studente se vooruitgang konstant om te identifiseer wie bykomende hulp benodig. Meer onlangs het ons ‘n internasionale soektog begin vir innoverende, dikwels tegniese, opsies wat ons studente in staat sal stel om meer individuele toegang tot hul lektors en professors te hê.
Die “African Tax Institute” bied verskeie kortkursusse in die areas van Belastingbeleid en Belastingadministrasie aan.
|